Die Fluitjie Potgooi #01 – Jose Cuervo Party, Park Acoustics en Meer

2
234
views

Gisteraand was ek, @phoenixmuso en @RuanHaha by Aandklas in Hatfield gewees vir nog ‘n Quiz aand. Dit was baie pret gewees. Soos gewoonlik het ons span (Aspoestertjies) weer die kompetisie gewen vir die aand. Dit was baie pret om saam met Nino, Evelien, Alex, Wei, Menzi, Henry en Rozanne te kuier.

Die-Fluitjie Die Fluitjie Potgooi #01 - Jose Cuervo Party, Park Acoustics en Meer

Voor die mal aand vorm aangeneem het, het ons eers die eerste Afrikaans potgooi episode opgeneem vir Die Fluitjie. Ons praat oor baie dinge in hierdie potgooi soos die naweek se Park Acoustics (met Mango Groove, Matthew Mole en ander kunstenaars), Jose Cuervo se partytjie Vrydag (met The Subways & Fun Lovin’ Criminals) en Park Life Sondag (met Seether) in Johannesburg, die E-toll sisteem wat ge-implementeer is, Eminem en Kris Kristofferson se konserte volgende jaar in Suid-Afrika en ‘n paar ander onderwerp. Luister bietjie na wat ons gese het.

Wat dink julle van die eerste weergawe van die Fluitjie? Voel vry om ons te laat weet. Los kommentaar op hierdie artikel. Terugvoer is welkom. Wees op die uitkyk vir toekomstige episodes van Die Fluitjie op Running Wolf’s Rant in die Podcasts kategorie. As jy dit geniet het om te luister, voel vry om hierdie artikel te deel met jou vriende op Facebook en Twitter.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!

  • Melany Harvey

    Well done!!!! Afrikaans Rock! Julle Rock!!! Dit klink net soos ‘n MK broadcast, net sonder images:) ★☆★