Die Fluitjie Potgooi #03 – Kakpraat met Chris & Heine van der Walt

0
229
views

Ek was onlangs in Mosambiek gewees vir die STRAB musiek fees by Ponta Malongane. Een van die orkessies wat gespeel het op die naweek was die “Swaar Metaal” orkes, Boargazm. Ek het die voorreg gehad om bietjie kak te praat saam met twee van die ouens van die band: Heine Van Der Walt (wat ook vir Mrs B. keyboard gespeel het) en sy boetie Chris Van Der Walt (wat ook bass speel vir The Black Cat Bones).

Boargazm Die Fluitjie Potgooi #03 - Kakpraat met Chris & Heine van der Walt

Die twee manne is nogal mal oor swaar metaal en ons het lekker gesels oor die feit dat hulle orkes in die nabye toekoms vir Sepultura gaan open op hulle Suid-Afrikaanse toer. Ons het ook lekker gepraat oor STRAB, Suid-Afrikaanse musiek feeste soos Oppikoppi, goeie musos en ‘n baie lang string van interessante topics. Luister bietjie hier onder. Let wel dat ons probeer het om nie baie te vloek nie, maar ons was immers by ‘n musiekfees gewees.

Baie dankie vir Chris en Heine van der Walt wat tyd afgestaan het om hierdie potgooi op te neem by STRAB die jaar. Kyk uit vir Boargazm se debut album later in 2014. As jy geniet het om te luister, voel vry om hierdie artikel te deel met jou vriende op Facebook en Twitter. Onthou: “Sharing is Caring”.

Wees op die opkyk vir nog edisies van Die Fluitjie in die nabye toekoms op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!