Fokofpolisiekar Crowd Funding Breek Rekords

0
328
views

Fokofpolisiekar se ondersteuners wag nou al vir 11 jaar vir nuus oor ‘n nuwe vollengte album. Die laaste vollengte album wat hulle uitgereik het was Swanesang in 2006. Op 22 Maart 2017 het die groep het ‘n 60 dae skarebevondsingsveldtog via Thundafund van stapel gestuur om die album te maak. As alles volgens plan verloop sal hierdie album in Oktober 2017 vrygestel word.

Fokofpolisiekar wil dit onafhanklik doen en maak staat op hul aanhangers se ondersteuning om dit te laat gebeur. Die bende se fans het opgedaag vir hierdie geleentheid en rekords laat spat. Met die veldtop se afskop, het die groep se aanhangers heelhartig ingespring en beloftes tot die waarde van oor R180 000 is binne 48 uur ingesamel. Hunter Kennedy se akoestiese kitaar (tot die waarde van R25 000) is binne die eerste uur opgeraap deur ‘n aanhanger wat in Nieu-Seeland bly.

FPK-2016_Skyline-1_Jaco-S.-Venter-MR-720x480 Fokofpolisiekar Crowd Funding Breek Rekords

Thundafund het tot op datum al meer as 200 skarebevondsingsveldtogte ter waarde van amper R11 miljoen gefasiliteer. Fokofpolisiekar het daarin geslaag op die grootste bedrag binne die eerste 48 uur in te samel. Volgens Thundafund het Fokofpolisiekar, tot op datum, ook die meeste geld ingesamel vir ‘n musiekalbum in Suid-Afrika. Dit is net 7 dae sedert Fokofpolisiekar hierdie veldtog afgeskop het en hulle is nou op R431,000! Dis absoluut befok as jy my vra.

Die Bende het hierdie video vrygestel op YouTube om die veldtog te bemark aan hulle fans:

Francois Van Coke het 2 dae terug die tesê gehad:“Die reaksie sover is oorweldigend. Ons plan was om net voor Maart se ‘payday’ af te skop met die veldtog, maar ons het nie veel fondse voor middel April verwag nie. Nou is ons reeds oor halfpad. Die ‘Spirit of Fokof’ laat dinge loo p, maar nou moet ons momentum behou. Ons het nou net onder R250k nodig om hierdie projek te laat werk,”

“Ons moedig ons fans aan om ons te help om ons doel te bereik. Om R500 000 vir ‘n album in te samel is mal, maar dis wat nodig is om te maak wat ons in gedagte het. As ons nie ons doel bereik nie, kry almal hul geld terug en daar is dan geen album nie. Dit is ‘alles of fokol’. Dit gaan sover baie goed, maar ons is nog ver weg van ons teiken. Elke belofte tel en vir slegs R80 kan jy ‘n digitale kopie van die album kry 30 dae voor sy offisiële vrystelling, plus jy help om die veldtog te laat slaag. Wat ‘n bargain!” sê Jaco Snakehead Venter

As die groep in hul doel kan slaag om R500 000 in te samel teen 20 Mei 2017, sal die album in Junie opgeneem word en in Julie vermeng word. Voorafbestellings sal laat loop vanaf September en die album sal in Oktober uit wees. Die R500 000 sal aangewend word om die album se produksie onkostes te dek, die album te laat druk, ‘n musiekvideo te maak, vir bemarking en ook om uitgawes rondom die skarebevondsingsveldtog te dek.

“Alles in ag geneem, is dit baie duur om ‘n album op te neem. Selfs die skarebevondsingsveldtog dra baie onkostes. Dis ‘n hartseer saak dat musiek in sy opgeneemde formaat nie veel waarde het nie. Mense laai onwettig musiek af of stroom dit. Die dae van ‘n wins op ‘n album maak (of selfs om gelyk te breek) is verby, maar dit verander niks aan die feit dat ons voel ons iets het om te bied nie.  Dis iets wat ons wil maak om met ons fans te deel. Deur ons fans te kry om ons te help om die projek te befonds, gee dit ons algehele vryheid om die album te maak wat ons wil maak. Ons hoef nie te worry oor gelyk breek, ensovoorts nie. Ons kan net fokus op die album se skryf en opname,”sê Wynand Myburgh.

Die Bende het super cool items beskibaar gemaak waarvoor aanhangers bedrae kan/kon belowe. Items en ervarings sluit ‘n private vertoning in ‘n hotelkamer in, om Super Rugby saam met die band in ‘n losie te kyk, Wynand Myburgh se baskitaar, geraamde ou plakkate, en soveel meer. Daar is ook ‘n paar items wat eksklusief vir hierdie veldtog beskikbaar gemaak is: Fokofpolisiekar horlosies, onuitgereikte 10” plate, Levi’s baadjies met die Fokofpolisiekar handelsmerk, Fokofpolisiekar Converse tekkies, en nog. Aanhangers sal moet spring om hierdie eksklusiewe items te bekom, aangesien hulle vinnig besig is om voete te kry. Die lys van al die lekker items is te vinde onder Hunter Kennedy se brief…

“FOKOF FOKOF FOKOF FOKOF FOKOF FOKOF FOKOF” Gee my nogsteeds hoendervleis om dit te hoor.

Fokof het begin as ’n drang vir ons 5 naiwe laaities van shit-hole Bellville om uit te breek uit die alledaagse belofde van die goue horlosie aan die einde van jou vyf-en-veertig jaar by Sanlam. Ons wou ’n nuwe pad vir onsself kerf. Dit was ’n deurskynende platform vir die lewens wat ons wou lei.

Fokofpolisiekar-720x480 Fokofpolisiekar Crowd Funding Breek Rekords

Dit het begin met Passie.  Soos wat die band aangegaan het, het ons persoonlike vryheid beleef. In die van gespring en Die land plat getoer. Geen reëls. Geen gesprek was taboo nie. Ons was opsoek na Liberasie.  Vryheid van beide ons verlede en ons ingebokste stereotipiese Afrikaanse toekoms.  Ek is Francois. Ek is Wynand. Ek is Snake. Ek is Johnny. Ek is Hunter en ons is Fokofpolisiekar,

Dit voel soos ’n belediging om ons fans aanhangers te noem. Daar is iets ontasbaar wat Fokof en ons gehoor aan mekaar bind. Ons as lede voel partykeer asof ons net voertuie is vir die Spirit of Fokof om haarself uit te leef.

Hierdie Fokof projek is ’n debat. Dis ’n feedback loop. Dit was nooit vir ons moontlik om op ons eie ’n album uit te bring nie. Ons was altyd afhanklik van ander mense se geld. En afhanklik van ’n industrie wat gebou is op die uitbuiting van die kunstenaar. Oor die afgelope paar jaar het dinge verander.

Die Fokof ding wil net nie doodgaan nie. Ons het probeer om op te breek, maar ons kon nie. Dis groter as wat ons ooit verwag het dit gaan wees en dit is as gevolg van een ding…  Julle.

Nou uiteindelik is daar ’n platform waar ons die derde deel van ons drieledige slagspreuk uiteindelik kan uitlewe.  Onafhanklikheid.  Deur om die album op hierdie platform vry te stel kan ons direk aan die aanhangers verskaf sonder enige middelmanne. Passie. Liberasie. Onafhanklikheid. Sukses!

Ons kan nie belowe om julle breine weg te blaas nie. Ons kan nie belowe dat hierdie album die wêreld of selfs Suid-Afrika of selfs Afrikaans of jou bestaan gaan verander nie. Die skryf van hierdie album is nogal ’n persoonlike proses. Ons stry weer oor wie ons is en wonder wat de fok aangaan en wat de fok is die punt van al hierdie kak. Dis iets wat ons nodig het en vir ons elkeen belangrik is op hierdie spesifieke oomblik.

Daar gan gevloek word. Daar gaan gehuil word en daar gaan gelag en fokn geheadbang word. En daar gaan BAIE geDINK word. Iets wat ons almal meer moet doen seker. Ander bands en kunstenaars het ons gevorm en ons lewens verreik en hopelik kan ons dieselfde vir julle doen.  So, as jy keen is.

Koop da album… http://www.fokofpolisiekar.co.za/fund #fokofcrowdfunding

Finansiële beloftes kan vir die volgende items gemaak word (*van hierdie items is nie meer beskikbaar nie):

1. Digitale kopie van die nuwe album: Bestel die nuwe Fokofpolisiekar album vooraf en ontvang die digitale aflaaiskakel ‘n maand voor die offisiële vrystelling.

2. CD: Bestel die nuwe Fokofpolisiekar album vooraf en ontvang die getekende album ‘n maand voor die offisiële vrystelling.

3. Nuwe album hemp: Bestel die nuwe album se T-hemp.  Die ontwerp sal in September bekend gemaak word.

4. Nuwe Plaat (Beperkte Uitgawe): Bestel die nuwe Fokofpolisiekar plaat vooraf.  Dit sal deur die hele band geteken word en sal ‘n ware versamelaarsitem wees.Daar sal slegs 350 plate beskikbaar gemaak word.

5. Brand Suid-Afrika en Antibiotika 10’’ plaat: Hierdie versamelaarsitem is eksklusief beskikbaar tot hierdie skarebevondsingsveldtog.  Koop die getekende beperkte uitgawe Brand Suid-Afrika en Antibiotika kortspelers op ‘n groen 10” plaat.  Daar sal net 200 van hierdie plate beskikbaar gemaak word.

6. Skaatsplank: Hierdie heruitgereikte Verb ‘Music Saved My Life’ skaatsplank in nuwe kleure is deur Louis Minnaar ontwerp.  Dit sal deur die band geteken word.

7. Fokof Lager skaatsplank: Fokof Lager en Verb ‘Friends don’t let friends drink alone’ skaatsplank.  Hy kom saam met ‘n botteloopmaker en sal deur die band geteken word.

8. Fokofpolisiekar horlosie (beperkte uitgawe): Kry hierdie hoë kwaliteit GL20 Movement beperkte uitgawe Fokofpolisiekar horlosie.

9. Fokof goedere pakkie: Hierdie pakkie is vol uitstekende dinge!  Besit vir die eerste keer ‘n Fokofpolisiekar hoody en trui.  ‘n T-hemp en kêp word ook ingesluit.

10. Crosley Cruiser Deluxe Platespeler: Kry ‘n Crosley Cruiser Deluxe platespeler en die nuwe Fokofpolisiekar plaat.  Beide sal deur die band geteken word.

11. Fokof Converse: Fokofpolisiekar dra al sedert dag een Converse tekkies.  Kry jou eie unieke Fokof gebrandmerkte Chuck Taylor ‘high tops’.

12. Geraamde Groepsfoto: ‘n 2013 Geraamde foto van Fokofpolisiekar, geneem en geteken deur Jaco S. Venter.  Dis ‘n hoë kwaliteit A3 afdruk in ‘n wit raam.  Geraam deur ORMS.

13. “Bragging Rights” (CD): Jou naam kan in die CD se boekie gedruk word as deel van Die Bende.  Dit kom saam met ‘n handgetekende kopie van die album.

14. Levi’s Denimbaadjie: Levi’s en Rock ‘n Roll gaan hand aan hand.Kry jou beperkte uitgawe Fokofpolisiekar baadjie en lappie.

15. “Bragging Rights” (Plaat): Jou naam kan in die plaat se omslag gedruk word as deel van Die Bende.  Dit kom saam met ‘n beperkte uitgawe nuwe plaat.

 16. Ray-Ban Pakkie: Beperkte uitgawe Fokof pakkie met ‘n paar van die groepslede se gunsteling Ray-Ban sonbrille.  Die pakkie sluit Ray-Ban Wayfarers, ‘n Fokofpolisiekar t-hemp en ‘n getekende kopie van die album in.

17. Fokof Lager Ligboks: Elke kroeg het hierdie fantastiese Fokofpolisiekar x Fokof Lager muur-gemonteerde ligboks nodig.

18. Die volledige Fokofpolisiekar plateversameling: Elke ernstige plateversamelaar behoort hierdie volledige getekende Fokofpolisiekar plateversameling te besit.  Die versameling bevat al 7 offisiële vrystellings.  As jy met vuur speel sal jy brand, Lugsteuring en Monoloog in Stereois reeds uitverkoop, so dit kom vanaf die groep se persoonlike versameling.  Dit is jou laaste kans OOIT om hierdie plate in die hande te kry.

19. Rare en oorspronklike ou plakkate: 7 Oorspronklike getekende en geraamde plakkate uit die groepslede se persoonlike versameling.  Hierdie plakkate is baie raar en meeste van hulle is 1/1.

20.  Tweedehandse leerbaadjie: Kry hierdie “biker” leerbaadjie met die ‘Since 2003’ lappie op die rug.

21. Elektriese Kitaar: Hier’s jou kans om ‘n Mars Music x Fender kitaar, geteken deur Fokofpolisiekar, te besit.

22. Retro Kroegyskas: Hierdie Fokofpolisiekar x Jägermeister x SMEG is die ultimate yskas om in jou kroeg te hê!

23. Hunter Kennedy se akoestiese kitaar: Van Fokofpolisiekar se mees ikoniese liedjies is op Hunter Kennedy se akoestiese kitaar geskryf.  Hier’s jou kans om ‘n stukkie geskiedenis te besit.

24. Wynand se Roger Waters Precision baskitaar: Van Fokofpolisiekar se mees ikoniese fotos is van Wynand Myburg en sy baskitaar wat skêrspring in die lug.  Maak hierdie stuk rock ‘n roll geskiedenis joune!

25. Private vertoning in ‘n hotelkamer: Al ooit gedroom van jou eie ‘n rock partytjie in ‘n hotelkamer?  Jy en ‘n metgesel sal in ‘n hotelkamer by Protea Fire & Ice by Marriott® Pretoria, Menlyn, kan bly.  Fokofpolisiekar sal julle bederf met ‘n gratis ete, drankies en private akoestiese optrede in jou hotelkamer.  ‘n Deel van die optrede sal bestaan uit Fokofpolisiekar se nuwe material van die album wat nog uitgereik moet word, so julle sal die eerste mense wees wat die nuwe liedjies lewendig hoor! So ‘n geleentheid saam met Fokofpolisiekar kom net eenkeer in ‘n leeftyd verby, so maak ‘n plan!

26. Kyk Super Rugby saam met Fokofpolisiekar in ‘n private losie (Loftus Versfeld of Newlands): Jy en drie vriende kan by die vyf Fokofpolisiekar lede aansluit by Loftus Versfeld of Newlands om ‘n rugby wedstryd te kyk in ‘n private losie.  Gratis drankies en eetgoed sal aangebied word tydens hierdie VIP geleentheid.

27. Fokof private vertoning / partytjie: Het jy al ooit gedroom dat Fokofpolisiekar optree by jou eie partytjie?  Dit is jou kans om geskiedenis te maak en jou eie private partytjie te gooi vir al jou vriende.  Jy kan besluit hoe jy hierdie partytjie wil gooi.  Jy kan selfs ‘n toegangsfooi vra!  Fokofpolisiekar se bestuur sal die volgende reël: 1. ‘n Plek van jou keuse (max 300 mense). 2. Produksie wat onder andere ‘n verhoog, klank en ligte insluit.  3. ‘n 60 Minute vertoning deur Fokofpolisiekar. 4. Fokofpolisiekar se vlugte, vervoer en verblyf.

Ek dink die enigste manier om hierdie veldtog te beskryf is met die goeie Afrikaanse uitdrukking: “BEFOK!”.

As jy die Bende wil live sien in April, check hulle uit by een van hierdie shows:

  • 15 April 2017 -Afrikaans Rock VOL 2 – Shimmy Beach Club, Kaapstad
  • 21 April 2017 – Wilgenhof Residence, Stellenbosch
  • 26 April 2017 – Madisons Avenue & Presleys Pretoria Tent Party.
  • 27April 2017 – Margate Main Beach

Volg Fokofpolisiekar by hierdie skakels aanlyn: 

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!