Fokofpolisiekar oorskrei die R850,000 merk vir #FokofCrowdfunding

0
1063
views

Amper twee maande gelede het Fokofpolisiekar ‘n skarefinansieringsveldtog van stapel gestuur via Thundafund om fondse vir ‘n nuwe album in te samel.  Die groep het dit gedoen deur keur items en ervarings beskikbaar te maak aan hul aanhangers.

Op 10 Mei 2017 was Die Bende net-net oor die R750,000 merk.  Dit is veel meer as die R500,000 waarop die manne gehoop het.  Dis alom bekend dat hierdie bedrag binne slegs 9 dae ingesamel is.  Nadat hierdie droom-teiken bereik is, het Fokofpolisiekar ‘n gratis konsert in Kaapstad belowe sou hulle R700,000 insamel en ‘n gratis vertoning in Gauteng as hulle R800,000 kon bereik.

Fokofpolisiekar-720x477 Fokofpolisiekar oorskrei die R850,000 merk vir #FokofCrowdfunding

Lush Festival is die eerste instansie om die ‘Fokofpolisiekar vertoning’ opsie teen R100,000 te neem op hul Thundafundblad. Dit stoot die bedrag tot R857 550, met nog 9 dae wat oor is om fondse in te samel.  Dit beteken dat Die Bende in 2018 by Lush Festival gaan optree en dat Gautengers kan regmaak vir ‘n gratis Fokofpolisiekar konsert! Ek kan nie wag om te hoor WAAR Die Bende gaan speel in Gauteng nie, want ek gaan nie daai show mis as dit in Pretoria is nie.

Meer inligting oor die Gautengse vertoning sal binnekort bekend gemaak word, maar intussen loop die Kaapse aanhangers oor van opgewondenheid oor hul gratis konsert by Mercury Live op 25 Mei.  Deure maak om 7pm oop en die vertoning begin om 9pm.  Aanhangers word aangeraai om vroeg te kom, aangesien daar slegs plek is vir 400 mense. Kry info hier.

Intussen is Die Bende hard aan die slyp aan die nuwe materiaal voordat hulle studio toe gaan in Junie.  As alles voor die wind gaan, sal die album in Julie vermeng word, voorafbestellings sal in September afskop en sal die album begin Oktober 2017 uitgereik word.

As jy lus is vir ‘n jol, maak seker dat jy een van die Fokofpolisiekar shows in jou area uitcheck:

  • 21 Mei 2017 – Park Acoustics, Pretoria
  • 25 Mei 2017 – Mercury Live, Kaapstad – Gratis show (net plek vir 400 mense)
  • 30 June 2017 – Grizzlies, Daspoort, Pretoria
  • 8 Julie 2017 – Injustice 2 Championship Series Grand Final, Weiveld, Pretoria

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!