Fokofpolisiekar samel R700 000 in en belowe ‘n gratis konsert aan Kaapstad

0
510
views

Indien julle vergeet het of nie geweet het nie, Fokofpolisiekar het in Maart 2017 via Thundafund ‘n skarefinansieringsveldtog geloods en binne 9 dae hulle droomteiken van R500 000 oorskry om hul eerste vol-lengte album in 11 jaar te maak.  Dit het egter nie hul aanhangers gekeer om aan te hou beloftes maak vir goedere vanaf die groep se Thundafund-blad nie.  Om hulle dankbaarheid te toon het die Fokof-manne ‘n gratis vertoning in Kaapstad belowe sou hulle die R700,000 merk slaan.

Die belofte was gemaak om aanhangers aan te moedig om meer van die nuwe album vooraf te bestel aangesien daar slegs 450 albums teen 31 Maart bestel was. Tot op datum is daar nou 725 albums vooraf bestel. Die R700,000 mylpaal is op 20 April bereik met nog 30 dae van hierdie skarefinansieringsveldtog oor.

FPK-2016_Night_landscape_Jaco-S.-Venter_MR-720x480 Fokofpolisiekar samel R700 000 in en belowe ‘n gratis konsert aan Kaapstad

Fokofpolisiekar is bly om aan te kondig dat die gratis konsert op Donderdag, 25 Mei by Mercury Live in Kaapstad gehou sal word. Die deure maak om 7 uur die aand oop en werk op ‘n eerste-kom eerste-bedien basis omdat die klub se kapasiteit nie meer as 400 mense toelaat nie.  Die optrede sal teen 9 uur afskop.

Sou Fokofpolisiekar dit regkry om R800,000 in te samel, sal Gauteng ook ‘n gratis konsert kry. Daar is nog vele lekker dinge op die groep se skafinansieringsblad om geld voor te belowe, onder andere Fokofpolisiekar horlosies, Brand Suid-Afrika en Antibiotika kombinasie-plate, goedere pakkies, ‘n Fokof Lager ligboks en Johnny de Ridder se American Mustang Fender (1978) kitaar ter waarde van R25,000.  Intussen is Die Bende hard aan die werk in studio om een van die hoogs geantisipeerde albums van 2017 te maak.  Die Fokof fan binne my dink rêrig dat die bende hulle target gaan maak en dat ons dan hopelik ‘n FREE show in Pretoria gaan kry (want Joburg is net te ver om te ry).

Fokofpolisiekar kom gemiddeld drie dae per week bymekaar om aan die album van 10 snitte te slyp.  Volg hulle op Facebook page vir gereelde direkte webuitsendings en wees ‘n vlieg teen die muur van hul skryfproses.  Hierdie webuitsendings is geneig om heelwat headbanging, air-guitaring en dies meer in te sluit.

Op die stadium is album geskeduleer om op 3 Oktober 2017 vrygestel te word.  Dié wat ‘n digitale weergawe van die album vooraftebestel sal dit egter al in September 2017 ontvang!

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!