Fokofpolisiekar “Selfmedikasie” Album Loods Toer datums bekendgestel

0
3705
views

Goeie nuus rock fans! Fokofpolisiekar het onlangs die opname van hul derde album, Selfmedikasie, voltooi. Die groep se ondersteuners was so opgewonde oor die vooruitsig van hierdie album dat hulle, met behulp van Thundafund, daarin geslaag het om oor ‘n R1 miljoen in te samel om die album te maak.

FPK-2017_by-Liam-Lynch_1_cropped Fokofpolisiekar "Selfmedikasie" Album Loods Toer datums bekendgestel

 

Hierdie album belowe om een van die grootste vrystellings van 2017 te wees. Die album  sal vanaf 5 September vooraf bestel kan word en sal op 3 Oktober vrygestel word. Die Bende het ‘n toer beplan om die album vanaf 6 Oktober regoor die land te neem, so merk gerus hierdie datums op jou kalender. Ondersteuners word aangemoedig om, waar van toepassing, hul kaartjies vooraf te koop om teleurstelling te vermy aangesien hierdie ‘n monster van ‘n toer gaan wees.

  • 6 Oktober – Rocking the Daisies – Kry kaartjies hier: http://bit.ly/2m2ta0l
  • 12 Oktober – Mystic Boer, Potchefstroom Vir voor-verkope bel 018 293 1773
  • 13 Oktober – Mystic Boer, Bloemfontein. Vir voor-verkope bel 084 444 9028.
  • 14 Oktober – The Good Luck Bar, Jhb. Koop kaartjies hier: http://bit.ly/2qZudFp
  • 15 Oktober – Atterbury Theater, Pretoria. Koop kaartjies hier: http://bit.ly/2rvu3T5
  • 27 Oktober – The Jock Pub & Grill, Nelspruit – Kaartjies slegs by die deur te koop.
  • 29 Oktober (Alle ouderdomme) – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort. Vir voor-verkope, e-mail bookings@dozi.co.za / bel 083 445 1042. Gratis toegang vir kinders onder 12.

Fokofpolisiekar speel ook by die Arcade Empire Halloween Partytjie wat die 28ste Oktober in Pretoria gebeur by die Voortrekker Monument, kry details hier.

Daar is ook goeie nuus vir liefhebbers van Fokof Lager: die bier sal in die nabye toekoms beskikbaar wees in 340ml bottels, so hou jou ogies oop en jou oortjies op die grond om te sien en hoor wanneer dit gebeur.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!