Die musiekvideo vir “Komma” is HIER! Kort op die hakke van die katalisatoriese musiekvideo vir Parkiebank, herfs 2017, is Fokofpolisiekar terug met iets baie spesiaals. Die Bende is trots om hierdie musiekvideo bekend te stel. Dit is slegs die derde ballade wat Fokofpolisiekar ooit geskryf het.
“Komma” breek weg van die groep se bekende klank
Vir die eerste keer is ‘n Fokofpolisiekar liedjie so afgestroop dat net Francois van Coke se stem en ‘n klavier gehoor kan word.
Hierdie liedjie word gereeld uitgesonder as ‘n gunsteling op Fokofpolisiekar se nuutste album, Selfmedikasie, maar dis nie algemene kennis dat die liedjie amper nooit geskyf is nie. Van meet af het die groep beplan om net 10 liedjies vir die nuwe album te maak, maar toe gaan sit Johnny de Ridder voor die klavier tydens opnames en “Komma” is gebore.
Wynand Myburgh vertel “Ons was besig om ‘Selfmedikasie’ klaar te skryf en ons het geen planne gehad om ‘n ballade by te gooi nie. Een dag het Johnny voor die klavier gaan sit en dit was die begin van wat “Komma” sou word. Hunter (Kennedy) het die lirieke begin skryf en teen die einde van die album se opnames het ons ‘n dag opsy geskuif om die rowwe idees vir hierdie klavier-gedrewe lied te finaliseer. Ons was nie te bekommerd sou dinge nie bymekaarkom vir die liedjie nie;ons sou dit net laat staan het. Dinge het uitgewerk en “Komma” het aan die lewe gekom. Ek dink ons is almal gelukkig met hoe dit uitgedraai het en hoe spontaan die proses was. Partykeer is hulle die juwele.”
Die musiekvideo vir “Komma” is by die asemrowende Kirstenbosch BotanieseTuine in Kaapstad verfilm en die omgewing het die lied se skoonheid herhaal. Fokofpolisiekar se vertoning het deelgemaak van 2018 se “Summer Concert” reeks. Die groep het laas in Februarie 2014 hier opgetree en hulle het dit as die perfekte geleentheid en plekg esien om hul hede vas te vang. Die musiekvideo wys mooi hoe “Komma” mense meevoer.
Hierdie is rerig ‘n amazing video en een van die bestes wat ek al in 2018 gesien het! Die “Komma” musiekvideo is gemaak deur Snakehead en Friends en ek moet rêrig my hoed af haal vir dit.
Julle kan Fokofpolisiekar live check in die nabye toekoms by die volgende plekke / feeste:
- 4 Maart 2018 – Concerts in the Park – De Waal Park, Kaapstad (Gratis show)
- 5 Maart 2018 – Woordfees, Jan Marais Nature Reserve, Stellenbosch
- 23 Maart 2018 – International Tattoo Convention, V&A Waterfront, Kaapstad
- 31 Maart 2018 – Lush Festival, Clarens, Vrystaat.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op RWR.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively, feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
You're also welcome to feed your brain some knowledge on our sister site, (Interesting Facts).
Alternatively, check out EcoFlow (if you're looking for a loadshedding / outdoor energy solution) or NetFlorist (if you're looking for flowers or gifts).