Foto Album: Francois Van Coke by Park Acoustics

Sondag die 5de Februarie 2017 was ‘n goeie dag vir Suid-Afrikaanse Musiek. Die eerste edisie van Park Acoustics het plaasgevind by Fort Schanskop in die Voortrekker Monument Natuur Reservaat in Pretoria en dit was baie pret gewees.

Ons Uber het ons al half tien afgelaai voor die ingangshek en dit het nie my lank gevat om my eerste biertjie van die dag te geniet nie. Ons was op die eerste bus na die Fort toe en voor dat ons kon sê “Bliksem” het ons ‘n royal spot gescore onder die “groot boom” (mense wat al baie Park Acoustics was mag dalk admirasie vir hierdie effort hê).

Die eerste band op die line-up vir die dag was Gunshot Blue en ek moet sê dat die manne ons nogals entertain het. Meyrand Roux (wat ook vir The Oh So Serious speel) was absoluut briljant op die mond-fluitjie en gekombineer met hulle amazing en unique Blues sound was dit baie salig op die oordromme. Ons was by ‘n ope lug venue, maar dit het gevoel asof iewers in ‘n Blues Bar na ‘n band luister.

Strait-Jackal was volgende op die stage en dit het nie my lank gevat om my inner Rage Against The Machine / Red Hot Chili Peppers fan te channel nie. Die ouens is rêrig goed en ek kan nie glo dat dit my so lank gevat het om hulle live te beleef nie. Lyk my daar is meer as net straatligte wat aangaan in Benoni (en blykbaar is daar ‘n beach bar ook).

Boxer het net na 1 uur op die Park Acoustics stage geklim en ewe skielik was my brein terug in die laat 1990’s en vol pop punk vibes (met ‘n titseltjie Indie om als af te rond). Ek het hierdie ouens die eerste keer live gesien by Mieliepop laas jaar en hulle sedertdien nogals waves gemaak in die SA Musiek industrie en mens kom sien hoekom, hulle was vol energie gewees.

Volgende was dit Rambling Bones se beurt en my inner folk rock child het ‘n kans gekry om homself uit te lewe. Ek het nie hulle hele set gekyk nie, maar die Violent Femmes liefhebber in my was gelukkig to ek hulle cover van “Country Death Song” gehoor het in die agtergrond.

En toe was dit tyd vir die laaste kunstenaar van die dag waarna die meerderheid van die +/- 2000 mense by hierdie Park Acoustics uitgesien het, Francois Van Coke. Hy het onlangs sy 2de solo album (“Hierdie Is Die Lewe”) uitgereik en is tans besig met sy album launch toer saam met sy band, Die Gevaar (Jedd Kossew, Sheldon Yoko, Rudolph Willemse en Richard Onraet).

Francois Van Coke en Die Gevaar was defnitief die hoogtepunt op die dag. Ek kan nie exactly die volgorde onthou van die songs wat die band gespeel het nie (‘n resultaat van teveel Jagermeister in my keelgat af op een slag – yes, dit gebeur as Francois uitvind jy word 40 in Februarie) maar ek het rerig baie van “Dit Raak Beter” gehou (miskien was dit omdat Francois aan my opgedra het).

Dit was great om liedjies van sy eerste solo album af te hoor soos “Behoort Aan Niemand Nie”, “Moontlik Nooit” en “Toe Vind Ek Jou” en great om saam met die skare te sing met classic Fokofpolisiekar liedjies soos “Ek Skyn Heilig” en “Hemel op die Platteland” en die amazing Van Coke Kartel song “Tot Die Son Uitkom”. Ek dink nie ek sal ooit hierdie gig nooit vergeet nie.

Ek moet erken dat ek ‘n lastige sy stappie gehad het oppad na die hek van die Natuur Reservaat toe na die tyd (om ons Uber terug te kry) en ek wil vir Jay en Toni baie dankie sê vir die lift. Julle mensies rock!

Dankie vir die organiseerders van Park Acoustics (Henk, Willie, Niel en Johan), my goeie vriend Baas De Beer en my girlfriend Jo en al die artists wat perform het wat hierdie dag extra special gemaak het. Sien julle by die volgende ene op die 5de Maart.

The following two tabs change content below.
Henno Kruger
Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant and co-founder of SA Music Zone

You may also like...