Francois Van Coke Behaal Sukses Met Sy 2de Solo Album

0
275
views

Dis geen geheim dat Francois van Coke en Die Gevaar iets baie spesiaal beet gehad het toe hulle sy tweede solo album, Hierdie is die Lewe, gemaak het nie. Dit het ‘n tydlose kwaliteit en is een van daardie albums wat vir jare en jare ‘n gunsteling in menige musiekbiblioteke sal bly.

Francois-Van-Coke Francois Van Coke Behaal Sukses Met Sy 2de Solo Album

Hierdie is die Lewe is op 2 Februarie 2017 vrygestel en versamel sedertdien groot lof van aanhangers en media. Die album het op iTunes se nommer 1 posisie afgeskop, het vir ‘n week op nommer 1 gebly en was vir 5 weke op die Top 10. Die album was vir vyf weke op die SA Top 20 wat op fisiese album verkope gebasseer is en het vir drie weke die top 2 posisies bekleë op Pretoria FM se treffersparade vir Afrikaanse topverkopers, volgens Musica se fisiese album verkope. Die Hierdie is die Lewe plaat is ook NOU by Musica winkels regoor die land beskikbaar.

Ek het Francois se tweede album alreeds sat geluister en ek moet erken dat dit een van die bestes van 2017 is sovêr. Hierdie Is Die Lewe is ‘n goeie album want dit bevat liedjies wat baie salig op die oordromme is.  Generiese Afrikaanse Pop kunstenaars kan regtig iets by hom leer.

Francois se huidige enkelsnit, Dit raak beter is al op 34 radiostasies regoor die land gespeel sedert dit op 2 Februarie vrygestel is. Die enkelsnit is tans op verskeie radiostasties se treffersparades te hoor, insluitende Jacaranda FM se SA en Internasionale Top 20’s. Dit raak beter se musiekvideo is al meer as 65 000 keer op YouTube gekyk. Die eerste enkelsnit, Mensdom het op 3 radiostasies die nommer 1 bereik en die musiekvideo was nommer 1 op kykNET se Top 20 vir 3 weke in ‘n ry.

Volgens aanlyn-verkope en aanhangers se terugvoering is Die wêreld is mal die gewildste snit op die album. Dit sal Francois se volgende enkelsnit en video wees en sal op 11 April uitgereik word.

Julle kan Francois Van Coke by die volgende venues gaan kyk in April 2017:

  • 1 April 2017 – Riverside Estate, Middelburg, Mpumalanga
  • 14 April 2017 – Lush Festival, Clarens, Vrystaat
  • 15 April 2017 – Afrikaans Rock VOL 2, Shimmy Beach Club, Kaapstad
  • 17 April 2017 – Parklife Festival, Kaapstad
  • 22 April 2017 – Mercury Live, Kaapstad
  • 28 April 2017 – Newcastle Winterfees, Kwazulu Natal

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!