Francois Van Coke Horlosie en Somervakansie Toer Details

0
379
views

Francois Van Coke is al vir ‘n baie lang tyd ‘n vriend en lojale ondersteuner van die Vrede Foundation. Hierdie liefdadigheid is toegewyd aan die bewusmaking van kanker en die vroeë opsporing daarvan, asook fondinsameling vir jong Suid-Afrikaanse kankerlyers.

Oor die jare het Francois bygestaan met optredes by Vredefest en Blood Brothers en het ook in 2016 met Relate saamgespan om armbandjies te verkoop om vir die Vrede Foundation geld in te samel.

Francois-van-Coke-Die-Gevaar_2017_by-Andre-Badenhorst Francois Van Coke Horlosie en Somervakansie Toer Details

Francois het onlangs die stylvolle FVC / CHPO Brand / Vrede Foundation horlosie bekend gestel om verder op hierdie manier fondse in te samel.  Hierdie horlosies is te kry by www.vancokes.co.za teen R600, wat dit die geskenk maak wat aanhou gee.

“Ek werk nou al vir vele jare saam met die Vrede Foundation op verskeie projekte. Ek is baie bly om hierdie horlosie, in samewerking met CHPO, vry te stel en die winste dan te skenk aan die Vrede Foundation sodat hulle jong mense met kanker kan help.” sê Francois.

As jy op vakansie gaan in Desember, maak seker jy kry jou musiek-liefhebbende ass by een van hierdie Francois Van Coke shows wat deel uitmaak van die Somervakansie Toer Vibes:

  • 1 Desember 2017 – Full Moon Dance, Honeydew
  • 4 Desember 2017 – J-Bay Rage, Jeffrey’s Baai
  • 9 Desember 2017 – Shimmy Beach Club, Kaapstad
  • 15 Desember 2017 – Mykonos Festival, Mykonos, Langebaan
  • 22 Desember 2017 – Hermanus Craft Beer Festival
  • 28 Desember 2017 – Bush Lapa, Heroldsbaai
  • 29 Desember 2017 – Joubert-Tradauw Cellar, Barrydale

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Loading...

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!