Francois Van Coke: Opkomende Projekte, Musiekvideos en Shows

0
3821
views

Francois Van Coke het net een spoed en dit is volstoom. Nie net het hy onlangs ‘n uitmergelende maar suksesvolle finale toer met Van Coke Kartel afgesluit en die nuwe Fokofpolisiekar album opgeneem nie, maar tussen-in is hy ook betrokke met talle ander projekte. Francois brand die kers aan albei kante en is nie van plan om binnekort te stop nie.

Die wenner van die #VanCokeCollab veldtog is onlangs aangekondig. Indien julle vergeet het, Francois van Coke en Red Bull Studios het onlangs ‘n kompetisie geloods om opkomende kunstenaars of groepe die unieke geleentheid te gee om saam met hom te werk op ‘n liedjie. Deelnemers moes ‘n liedjie voorlê wat Francois by Red Bull Studios in Kaapstad sal verwerk, opneem en saam met die wenner sing. Vanuit die meer as 70 inskrywings het Francois die fantastiese nuweling, Matt Carstens gekies.

Francois-Van-Coke-Blue-White Francois Van Coke: Opkomende Projekte, Musiekvideos en Shows

“Ek het baie van Matt se tune gehou, dit was my gunsteling uit 73 inskrywings. Dit het ‘n baie sterk chorus en ek kan nie wag om saam met hom te werk aan die tune nie,” sê Francois. Francois en Matt sal Red Bull Studios op 21 Augustusus betreë om aan Matt se inskrywing, “Breakdown Society”, te werk. Besides dit sal Francois en Die Gevaar op 16 Augustus, tussen 11h00 & 12h00, regstreeks vanaf Red Bull Studios ‘n vertoning lewer op 5FM se Hamman Time program.

Daar is nuwe musiekvideos oppad. KykNET het onlangs kunstenaars en groepe genooi om idees voor te lê vir musiekvideos.  Die beste 10 konsepte is elk met R50,000 bevonds om die musiekvideo te maak. Motion City Films het deel uit gemaak van die gelukkige 10 met die konsep vir Francois se liedjie, “Beter Mens.”. Die video vir die lied sal op die 4de Augustus 20h00 op kykNET NOU! se Top 20 ten toon gestel word.

Francois-Van-Coke-640x325 Francois Van Coke: Opkomende Projekte, Musiekvideos en Shows

Die musiekvideo vir Francois se gunsteling liedjie van sy “Hierdie is Die Lewe” album, “My Hart”, is tans in pre-produksie. Young Guns Films sal die video in Augustus verfilm en die video word op die 29ste Augustus vrygestel.

Francois gaan saam met die uitsonderlike liefdadigheids-aktivis, Tracy Cohen werk om fondse in te samel vir HELP (Homework Enrichment Lifeskills Programme). Hierdie spesiale organisasie bestuur ‘n naskoolse program in die Wes Kaap.  Hulle ontwikkel leerders se vermoëns en selfvertroue, en gee hulle ‘n hupstoot vir ‘n beter toekoms. Tracy is alreeds vir ‘n paar jaar betrokke by HELP en kan getuig van die verskil wat hierdie program aan kinders se lewens maak.

HELP-501x400 Francois Van Coke: Opkomende Projekte, Musiekvideos en Shows

Op 31 Januarie 2018 gaan Tracy en Francois langs die Seepunt promenade stap om die veldtog af te sluit. “Omdat Tracy serebrale gestemdheid het wat, onder andere, veroorsaak dat sy moeilik loop, het sy ‘n diep meegevoel vir mense wat hulp nodig het en wil hulle graag help,” sê Francois. Lees hier vir meer inligting oor HELP.

Donasies vir HELP kan hier gemaak word: The HELP Trust, First National Bank, Claremont – Kaapstad, Tak kode: 200109, Rekening Nommer: 62359580729, SWIFT kode: FINZAJJ, Verwysing: WOS (Walking on Sunshine).

Jy kan Francois Van Coke live sien in Augustus en September 2017:

  • 11 Augustus – Letaba Skougronde, Tzaneen, Limpopo
  • 12 Augustus 2017 – The Blue Room, Witbank, Mpumalanga
  • 19 Augustus 2017 –  Affies Wildsfees. Afrikaans Seuns Hoërskool, Pretoria, Gauteng.
  • 25 Augustus 2017 – Bertie’s Mooring, Gordonsbaai, Wes Kaap
  • 26 Augustus 2017 – Tshwane 10’s, Harlequins Club, Groenkloof, Pretoria, Gauteng
  • 1 September 2017 – Shenanigans Irish Pub, George, Wes Kaap
  • 2 September 2017 – Brian’s Grill and Family Restaurant, Oudtshoorn, Wes Kaap
  • 5 September 2017 – Atterbury Teater, Pretoria, Gauteng
  • 6 September 2017 – Barnyard Theatre, Vereeniging, Gauteng
  • 7 September 2017 – Grid & Grill Pub, Benoni, Gauteng
  • 8 September 2017 – Rumours Rock City, Johannesburg, Gauteng
  • 9 September 2017 – Ridgeback Village Restaurant, Centurion, Gauteng
  • 10 September 2017 – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort, Noord Wes
  • 15 September 2017 – Potch Dam Resort, Potchefstroom, Noordwes

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Loading...

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!