Geniet ‘n Fokof Lager terwyl jy na “Selfmedikasie” luister

0
2652
views

Oktober 2017 gaan ‘n fantastiese maand wees vir Fokofpolisiekar se aanhangers om na die nuwe album, Selfmedikasie, te luister terwyl hulle ‘n lekker Fokof Lager in die gemak van hulie huise geniet.

Van vandag af kan iTunes, Google Play en Amazon verbruikers Selfmedikasie vooraf bestel. Dit beteken dat hulleSelfmedikasie sal ontvang die oomblik wat die album beskikbaargestel word om middernag op die 3de Oktober 2017.

FPK-2017_by-Liam-Lynch_3 Geniet 'n Fokof Lager terwyl jy na "Selfmedikasie" luister

Fokofpolisiekar het Selfmedikasieop 5 September, amper ‘n maand voor die album se offisiële vrystelling, los gelaat aan almal wat geld voorgeskiet het vir hul skare finansierings veldtog.  Sover is die terugvoering oorweldigend positief.  Die oorwegende sentiment is dat hierdie album die 11-jaar wag werd was en aanhangers is meer as tevrede dat hulle ‘n kampioen ondersteun het.

Aanhangers het nie tyd gemors om solank hul gunsteling liedjies van die album te kies nie. Parkiebank, Herfs 2017 en Komma is tans die gewildste liedjies op die snitlys, met Dis in my bloed, baby en FLVJ wat nie vêr agter is nie. Lees wat Watkykjy en SA Music Scene te sê het oor Selfmedikasie.

Bestel Selfmedikasie se digtale weergawe hier vooraf:

Die plaat en CD kan hier voorafbestel word: http://www.fokofpolisiekar.co.za/store

Indien julle nie geweet of al geproe het nie, Fokof Lager is vanuit die kraan beskikbaar in 84 van Suid-Afrika se kroeë, klubs e nrestaurante regoor ons nege provinsies, maar vanaf 4 Oktober 2017 kan dit enige plek geniet word in ‘n 340ml botteltjie.

Die nuwe 340ml Fokof Lager bottels sal bekendgestel word in ‘n beperkte uitgawe 12-pak geskenkboks, met Fokofpolisiekar se nuwe album daarby ingesluit. Hierdie geskenkbokse sal vanaf 4 Oktober eksklusief te kry wees by Checkers Liquor winkels landswyd.

Fokof-Lager Geniet 'n Fokof Lager terwyl jy na "Selfmedikasie" luister

Fokof Lager sal ook beskikbaar wees by al Fokofpolisiekar se vertonings tydens hul Selfmedikasie album bekendstellingstoer in Oktober. Kitsfeit: Fokof Lager is so verfrissend dat 15,500 liters daarvan in Augustus 2017 gedrink is, so maak seker dat jy al die lekker dinge wat Fokof Lager doen op Facebook en Instagram volg.

Julle kan Fokofpolisiekar live sien by een van hierdie venues in Oktober:

  • 7 Oktober 2017 – Rocking the Daisies, Darling, Wes Kaap
  • 12 Oktober 2017 – Mystic Boer, Potchefstroom, Noord Wes
  • 13 Oktober 2017 – Mystic Boer, Bloemfontein, Vrystaat
  • 14 Oktober 2017 – Good Luck Bar, Johannesburg, Gauteng
  • 15 Oktober 2017 – Atterbury Theater, Pretoria, Gauteng
  • 27 Oktober 2017 – The Jock Pub & Grill, Nelspruit, Mpumalanga
  • 28 Okotober 2017 – Arcade Empire Halloween Party, Pretoria, Gauteng
  • 29 Oktober 2017 – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort, Noord Wes

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!