Kry die goeie tye aan die rol met Parow Brandy

0
6
views

Jack Parow het brandewyn amper net soveel lief soos klets-rymery en dis geen geheim nie. Hy is so lief vir brandewyn dat hy die liedjie, “Ricky Louw”, opgeneem het vir sy self-getitelde debuut-album in 2010. “Ek like my brannas drie vingers sterk en ys koud,” is een van sy sentimente in die liedjie oor brandewyn.

Dit was nog altyd Jack se droom om sy eie brandewyn te laat maak. Sy droom is nou bewaarheid en hy kannie wag dat jy sy Parow Brandy proe nie. Die Parow Brandy is ‘n 3-jaar premium hand-gemaakte brandewyn. Parow wou ‘n gaping in die mark vul en ‘n plaaslik vervaardigde brandewyn lewer met hope geur en ‘n lekker skop. Dis hoekom die term “karate water” op die bottel se etiket verskyn.

Hierdie 3-jaar ouebrandewyn is van die hoogstekwaliteitenbestesmaak. Die Parow Brandy word in ‘n kleinkelder in Montagu gemaak. Die Parow Brandy sal eksklusief in Checkers winkels landwyd te kry wees vanaf 1 Februarie. Van Maart af sal die brandewyn ook in verskeie ander winkels beskikbaar wees. Die Parow Brandy is nou ook die offisiële brandewyn by Good Luck Bar in Johannesburg en by alle Roco Mamas restaurante landswyd. Die brandewyn sal ook binnekort uitrol na ander kroeë en restaurante.

Ek is lief vir my sopie brandewyn so dan en wan, ek doen gereeld my inkopies by Checkers en ek hou daarvan om nou en dan ‘n Rocco Mamas burger te tand, so die kanse is goed dat ek Parow Brandy in die nabye toekoms gaan drink. Ek is amper doodseker dat ek van hierdie “karate water” gaan hou. Only time will tell if I’m right or wrong.

As jy in die mood is om te party, maak seker dat jy party skoentjies deur die deur kry by een van hierdie venues in Februarie:

  • 3 Februarie 2017: Crown Bar, Paarl
  • 9 Februarie 2017: Mystic Boer, Potchefstroom
  • 10 Februarie 2017: The Good Luck Bar, Johannesburg
  • 11 Februarie 2017: Aandklas, Pretoria
  • 17 Februarie 2017: Café Roux, Kaapstad
  • 18 Februarie 2017: Aandklas, Stellenbosch
  • 24 Februarie 2017: Café Roux, Noordhoek
  • 26 Februarie 2017: Large On The Lawn, Johannesburg

Ek sien nogals uit na Jack Parow se show by Aandklas op die 11de Februarie. Ek weet sommer daai gaan ene wees vir die boeke, so ek polish solank my partytjie skoentjies, sien julle daar Pretoria mense!

Wees op die uitkyk vir updates in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.