Maak jouself gereed vir Liefde By Die Dam 2017

0
3060
views

Na ’n wonderlike viering van Jeugdag in 2016, is Liefde By Die Dam terug op die 6de Augustus 2017 om Suid-Afrikaanse musiek by Johannesburg se asemrowende Emmarentia Dam te vier. Hierdie voldag familie gebeurtenis verwelkom musiekliefhebbers van alle ouderdomme. Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien.

Liefde-By-die-Dam-2017 Maak jouself gereed vir Liefde By Die Dam 2017

Sluit aan by revolusionêre groep Die Heuwels Fantasties, bekend vir hul unieke musiek en energieke optredes. Saam met hulle op die verhoog is die ikoniese hoofsanger van die legendariese Suid-Afrikaanse rock groepe, Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, Francois van Coke.

Die-Heuwels-Fantasties-599x400 Maak jouself gereed vir Liefde By Die Dam 2017  Francois-Van-Coke-1-599x400 Maak jouself gereed vir Liefde By Die Dam 2017  Terwyl jy luilekker onder die digte bome by Emmarenta lê, sal die geliefde stem van Laurika Rauch jou bekoor met haar sang, gevolg deur Afrikaanse liefling, Riana Nel. Die SAMA benoemde gehoorgunsteing, Majozi, keer terug met sy aardskuddende elektro indie rock!

Laurika-Rauch-600x400 Maak jouself gereed vir Liefde By Die Dam 2017  Majozi Maak jouself gereed vir Liefde By Die Dam 2017

Daarbenewens sorg die betowerende klanke van Tresor en Suid-Afrika se eie rap-superster, JR, vir ‘n onvergeetlike ensemble. Om hierdie ongelooflike dag van vermaak af te rond, is daar ook nuweling Jo Black, wie se album wat vroeër vanjaar uitgereik is reeds goue status bereik het, asook kitaar-virtuose Loki Rothman.

Vir jou dag by die dam sal daar ’n heerlike reeks van Suid-Afrika se beste kosstalletjies teenwoordig wees. Bring jou eie piekniekmandjie en kombers vir die perfekte viering van jeugdigheid en musiek. Jy gaan spyt wees as jy uitmis op hierdie geleentheid om jouself te geniet!

Kry jou kaartjies aanlyn by Computicket. General Access kaartjies kos R165 aanlyn of R200 by die hek. VIP kaartjies kos R600. Kaartjies vir kinders onder 12 jaar oud kos R75.

Bywoners is in 2016 aangemoedig om hulle piekniekkomberse te skenk aan welsynsorganisasies. Die inisiatief was ‘n wegholsukses met honderde komberse wat ingesamel en geskenk is. Hierdie jaar moedig Liefde by die Dam weer bywoners aan om hul komberse saam te bring, agter te laat of by die ingang in te gee vir die goeie doel. Onthou: Liefde Wen!

Volg #LiefdeByDieDam op Sosiale Media:

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!