Maak jouself gereed vir ‘n nuwe Jack Parow album in November

0
2396
views

Dames en here, hou vas terwyl Jack Parow opwarm om een van die beste dinge vanuit Afrika vir 2017 los te laat.Hy raak fiks vir die vrystelling van sy beste album nóg, Afrika 4 Beginners en Parow Fest in Nederland, deur met sy een hand Parow Brandy te drink terwyl hy braai met die ander hand. Multi-tasking was nog alteed een van sy sterk punte after all.

Afrika 4 Beginners word vol gepak met harde musiek, rowwe raps en goeie tye. Die album se digitale vrystelling is gemerk vir 3 November en die CD sal vanaf 10 November 2017 op die rakke wees. Parow vertrek dan op 24 November op die Jägermeister biedaan Boepens Vark Somer Toer.

Jack-Parow_BnW_by-Allister-Christie-1 Maak jouself gereed vir 'n nuwe Jack Parow album in November

“My favorite ding van Afrika is hoe ons vir ons self kan lag en dis waaroor hierdie album gaan,” tune Jack Parow. Die eerste enkel snit en musiek video vanaf die album heet Boepens Vark, en dit sal op 24 Oktober vrygestel word.  Parow waarborg dat hierdie musie kvideo, nes Afrika, nie vir sissies gaan wees nie en dat die tannies beslis gaan kla.

Daar is nie veel Suid-Afrikaanse musikante wat kan spog dat hulle hul eie fees in Europa het nie, maar Jack Parow het hierdie spog reg vir homself verseker. Hy vier sy terug keer na die Nederlandse platemaatskappy, Top Notch, deur Parow Fest aan te bied in Tivoli Vredenburg in Utrecht op 4 November.

Die meeste van sy Europese vriende wat saamgewerk het op sy mini-album, From Parow with Love,gaan saam partytjie hou, maar Parow sal ook sy home slice, Jitsvinger, saam neem vir hierdie fees. Drie-kwart van die kaartjies is alreeds verkoop, met nog net ‘n maand en ‘n half voor Parow Fest sy hekke oopmaak. Jack Parow sê dat dit nogal mal is dat hy so bevoorreg is om sy eie ding daar te kan doen: “Die ondersteuning en terugvoering is great sover, so ek is baie amped, my bru.”

Ek moet nogals sê dat ek spyt is dat ek hierdie fees gaan mis, maar eks fokken opgewonde om daai eerste single te hoor van sy nuwe album af. Dis hoog tyd dat die tannies weer bietjie kla oor iets wat hulle glad nie verstaan nie. Ek dink ek gaan bietjie opstock op popcorn voor die 24ste Oktober.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Foto deur Alister Christie

Loading...

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!