Maak julleself gereed vir Rocking @ The Rails

0
1239
views

Was julle maats al ooit na ‘n plek heen genooi en jy was onseker of dit ‘n goeie idee is of nie? Nie omdat die persoon self verdag is nie, maar wel omdat die onbekende ons soms skepties maak. Kom ons wees eerlik met ons self: soms gaan ons net omdat ander mense daarheen gaan.

So, ek het ‘n arbitrêre uitnodiging gekry na ‘n akoestiese aand van my een Chomkommer wat graag anoniem sal wil bly. Die man is skaam! Ek het pas terug getrek mootwaards na 300 jaar op see! Dit voel goed om tuis te wees. So ek het gewonder, hoekom nie? In Nico Smit laan is daar ‘n pikante Duitse gastehuis met die naam van Kniff un Gaffel.

As jy gewonder het, ek het gevra, dit beteken mes en vurk. Vreeslike antiklimaks (ek weet)! Moet nie laat die naam en die ligging jou soos ‘n ou kous flous nie! Agter hierdie gastehuis is daar ‘n oop stuk grond met die wêreld se potensiaal en die pragtigste klanke. Daar is ‘n treinspoor langs aan wat ontaard in ‘n drinking game. Amper te veel veilige parkering dat jy jou sleutels in die kar kan los en genoeg stalletjies om jou besig te hou terwyl jy rond bons.

Moot-Vir-Noot-720x405 Maak julleself gereed vir Rocking @ The Rails

Die idee is om kunstenaars ‘n platform te gee om hulself helder in die industrie te kan straal. Ek persoonlik dink dit is ‘n vreeslike goeie idee! Gee vir die mense ‘n Gesellige plek om te kuier waar oordeel en kwaai gevoelens ‘n ding van die verlede is! Gee vir die musikante ‘n stage sodat goeie tye kan broei! Kom ons maak dit ‘n gereelde ding! Want hoekom die fok nie!?

Met die koue wat in kruip is daar nie nodig om te bekommer oor gaan ek koud kry nie. Fire pits is strategies gerangskik sodat jy en koekieloeks heel snoesig in mekaar se ogies kan staar terwyl die nice mense op die verhoog julle OORgasmes gee.

Moot-Vir-Noot-2-720x405 Maak julleself gereed vir Rocking @ The Rails

As dit nie jou nuuskierig maak soos ‘n agie nie kan ek belowe dat jy jou eie Cooler kan saam bring! Dis luuks! En as ek nou by Verimark gewerk het sou ek uitroep om te WAG! DAAR IS MEER! ‘n cash bar verseker dat wanneer die lus jou tref om verskeidenheid ‘n beleid te maak, staan die manne gereed om jou behoefte hulle plesier te maak.

Die musikante is mense wat jy kan sien hul musiek geniet! Ek voel dit deur elke liriek en kitaar snaar wat resoneer deur die beheer van ‘n talentvolle siel wat net die wêreld wil herhinder dat daar ‘n hartklop is. En dit is die liefde vir mense wat almal die dieselfde taal praat. Musiek!

Rocking-The-Rails Maak julleself gereed vir Rocking @ The Rails

Kom gerus deur na die volgende een en geniet ‘n paar drinks saam met ons. Die Gees van Portugees Pedro Barbosa gaan ons met sy energie kom bederf asook ‘n baard wat glo motiveer is die beste geweer sal vir ons kom tokkel. Volg die link vir nog besonderhede.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!