Musikale verligting vir Piet Botha en sy aanhangers

0
2358
views

Piet Botha is al meer as 30 jaar bekend as ‘n kernfiguur, mentor en rolmodel in die Suid-Afrikaanse rock-gemeenskap. Nou, meer as ooit tevore, het hy die ondersteuning van sy aanhangers nodig.

Op Saterdag 29 April, het Piet ‘n ernstige rugbesering opgedoen toe hy tydens ‘n optrede in Margate van die verhoog af geval het. Nadat hy ‘n operasie ondergaan het om sy rugwerwels te stut, het dokters vir hom gesê dat hy vir die volgende paar maande, sy bewegings sal moet beperk.

Vir ‘n musikant was hierdie verwoestende nuus, omdat hy nie ‘n inkomste sal kan genereer nie. Maar, Piet se ondersteuners sou dít nie duld nie.

Piet-Botha-Fondsinsameling-640x243 Musikale verligting vir Piet Botha en sy aanhangers

Op Dinsdag 18 Julie (Piet se 62ste verjaarsdag – gaan musikante en bewonderaars, wat al die verhoog met Jack Hammer gedeel het, saamwerk om ‘n onvergeetlike vertoning as fondsinsameling vir Piet, aan te bied.

Piet Botha is die stigter van Suid-Afrika se oudste rock-groep, Jack Hammer, wat in 1984 gevestig is. Hulle het reeds 13 albums uitgereik met Piet aan die helm. Gedurende dié drie dekades, het Jackhammer met meer as 10 erelede gespog, waarvan Paul ‘The Duke’ van de Waal, Tertius ‘Bean’ du Plessis en Johnathan Martin die hoeksteen van die groep geword het.

Onder die gaskunstenaars wat die aand gaan saam optree is: Gareth Wilson, Kobus de Kock Jnr., Lanie vd Walt, Greg Georgiades, Hugo de Waal, Stean vd Walt, Anthonie vd Walt, Arthur & Rudi Dennis, Leon van Sweel en Gerry Robinson.

Die fondsinsamelings konsert gebeur by die Centurion Teater op die 18de Julie. Deure maak 7 uur die aand oop en vertoning begin 7:30. Slegs 200 kaartjies is beskikbaar. Grondvloer kaartjies kos R180 en balkon kaartjies kos R150 – julle kan kaartjies hier koop. Let wel dat addisioniële donasies gemaak kan word voor die finale “check out”.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategories op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!