‘n Pre Large On The Lawn Geselsie met Francois Van Coke

0
4
views

Francois Van Coke het sover ‘n baie goeie 2017. Hy het sy 2de solo album (“Hierdie Is Die Lewe”) vrygestel op die 2de Februarie en die SA Music Scene bietjie opgeshake met sy catch lyrics en soothing / rocking melodies. Hy het ook onlangs ‘n kick-ass show gespeel by Park Acoustics in Pretoria.

Francois Van Coke en Jack Parow speel by die 2de edisie van Large On The Lawn in Johannesburg op die 26ste Februarie 2017. Die eerste edisie was ‘n moerse lekker jol. 4,000 mense het hulle self geniet en die musiek van Jeremy Loops en Matthew Mole geniet. As jy meer daaroor wil lees, klik hier.

Ek het onlangs met Francois Van Coke gesels via E-mail en hier is wat hy te sê gehad het:

Die design/illustrations op die nuwe album lyk awesome. Wie was almal betrokke aan die visuele kant vani album?

My goeie vriend Merwe Marchand Le Roux het die album ontwerp en was ook die art director op die album omslag. Die cover foto is deur Allister Christie geneem en die band foto binne foto is ‘n kombinasie van 2 foto’s deur Allister Christie en Hayden Phipps. Nog ‘n fantastiese fotograaf, Daniel Naudé, het die foto van my hond Ringo geneem.

Jy en die manne van Fokof se dinamiek het heeltemal verander. Johnny was die keer aan  die ander kant van produksie tydens die maak van Hierdie is die Lewe. Was dit ‘n groot aanpassing van saam speel tot nou saam werk an jou solo album?

Nee, dit het nogal natuurlik gebeur. Ek wou baie graag weer met Johnny werk, na al die jare was dit fantasties om weer saam met hom te kan werk. Hy is fantastiese musikant en ongelooflik kreatief, so dit was maklik en nie veel van ‘n aanpassing nie.

Dit is nou al meer as 10 jaar sedert die launch van As Jy Met Vuur Speel Sal Jy Brand . As jy kon terug gaan in tyd watse advies sou jy vir jong Francois gee? Pasop vir swaaiende microfone?

Doen wat jy goed vind en waarvan jy hou! Nes ek gedoen het.

Wat dink jy is die belangrikste ding wat jy die afgelope jaar geleer het van die musiek industrie en jouself?

Dit is moeiliker om ‘n kind groot te maak as ons ‘n album te maak.

In al die jare van optree met Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel en nou self jou solo werk is daar n liedjie wat al jare saam kom wavoor jy moeg is om live te speel?

Daar is sekere songs wat ek nie voel is meer relevant tot my nie, maar die reaksie van die skare maak dit steeds die moeite werd. So, ek kan nog enige iets speel. Maklik!

Ek wil vir Francois dankie sê vir hierdie onderhoud en ek’s rerig moerse amped om hom live te sien by Large On The Lawn op die 26ste Februarie. As julle hom ook wil live sien, koop julle kaartjies hierso.

UPDATE: Sondag se event is uitgestel tot die 25de Junie toe: “It has been a week of heavy rains in Joburg. Just as it looked like weather would clear up for a beautiful weekend and there would be enough time to dry out the venue so Large On The Lawn can take place, without damaging the beautiful park, reports have come in that rains will continue well into the weekend. Large On The Lawn as an outdoor event unfortunately has to postpone the Jack Parow and Francois van Coke event for Sunday 26 February due to the rain forecast, but we’ll bring them back on Sunday 25 June!”

Wees op die uitkyk vir gereelde updates in die Music en Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant.