‘n Vinnige Pre Park Acoustics onderhoud met The Black Cat Bones

0
1222
views

As jy in die Oxford Dictionary vir die definisie van rock ‘n roll gaan soek, sal jy heel warskynlik The Black Cat Bones as een van die beskrywings kry vir die term. Hierdie orkessie (wat gevorm is in Pretoria) is al vir ‘n paar jaar aan die gang en het al ‘n lang paadjie in die SA Musiekbedryf geloop.

Ek sal nooit die eerste keer vergeet wat ek hierdie boytjies live gesien het nie. Ek dink dit was in 2009 of 2010 by STRAB (in Mosambiek), maar sadly het ek nie rêrig aandag gegee nie. In September of Oktober 2010 was daar ‘n baie baie stil rock show in Hatfield Square gewees. Ek dink Mrs. B, Man As Machine, Juggernaught en nog so paar ander bands gespeel het en Kobus De Kock Jr. (aka “Rot”) het teen die stage se kant opgeklim en vir die mense by Oppisquare getune hulle is spiteful omdat hulle nie hulle techno sagter gesit het terwyl die bands gejam het nie.

The-Black-Cat-Bones-692x480 'n Vinnige Pre Park Acoustics onderhoud met The Black Cat Bones

Kinders, ek moet erken dat daai show my aandag getrek (omdat so rock ‘n roll was) en van daai dag af was ek gehook op The Black Cat Bones se musiek. Ek kan nie onthou hoeveel keer ek al die ouens sien perform het nie, maar dit was nog altyd ‘n epic experience (al het Rot vir my Henry Engelbrecht vol meel gestrooi by STRAB ‘n paar jaar terug).

The Black Cat Bones het al oral in die land gespeel by feeste soos Oppikoppi, RAMFest, Up The Creek en in Mosambiek by STRAB. Die orkes speel hierdie naweek by hulle 3de of 4de Park Acoustics en dis defnitief iets wat julle nie moet misloop nie.

Ek het so bietjie met die ouens gechat oor hierdie naweek se show en so paar ander goedjies:

Wie is meer rock ‘n roll: Angus Young, Andre Kriel, Lemmy Kilmister of Dave Grohl en hoekom sê julle so?

En sonder om te skroom tune hy ‘Lemmy by verre…’ Hy het als wat Rock ‘n Roll is verteenwoordig vanaf dag een en nie ‘n sent op sy naam gehad toe hy uiteindelik sy kitaar langs hom in die graf neergelê nie. Tog het hy onophoudelik gestoot, geslyp en gemeul al het die wêreld hom vertel dat sy generasie se musiek nie meer relevant was nie. Lemmy for LIFE. Chris se hond se naam is Lemmy…

Wat is die snaakste ding wat al gebeur met julle by ‘n live show?

Wel, as jy dink dat Kobus wat op die verhoog uit ‘n agt voet lapa se dak uit moer of Chris wat sy ligemente skeer op die Oppikoppi Main Stage en op ‘n speaker krat moet rond gestoot word vir die res van die set snaaks is dan issit seker dit…

Waaraan werk julle die laaste ruk en kan ons ‘n nuwe album verwag later in die jaar?

Ons is klaar met pre-production vir die nuwe album en is so drie songs sterk wat opname aan betref. Ons bring so bietjie van n voorsmaakie na die Park Acoustics set toe. Check it!

Waar sit die blou bokkie se gal en het julle dit al daar gaan soek?

Saul Barnard sal jou mooi vertel. Halwe waarheid is goed genoeg vir ons…

Wat kan musiek-liefhebbers verwag van julle set by die volgende Park Acoustics?

Classics, Re-makes, Nuwes en ‘n hoop vol STOOT!

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir The Black Cat Bones dankie te sê vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle alles van die beste toe met hulle nuwe album en met Sondag se show by Park Acoustics. Sien julle daar mensies!

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music en Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!