Nuwe Chris Chameleon Album Uitgereik

Chris Chameleon se eerste selfgeskrewe en selfgekomponeerde Afrikaanstalige album sedert 2009, word vandag uitgereik. Die album se naam is “‘Jy en Ek en Ek en Jy”. Hierdie langverwagte werk is geinspireer deur Chris Chameleon se persoonlike ervarings met die soeke na en belewing van liefde.

Die tekste van die liede is in meeste gevalle gedigte wat hy geskryf het terwyl hy smoorverlief was en in dié tyd & konsertuitvoering van die klassieke indiese kunstenaar Shujaat Husein Khan bygewoon het. Volgens sy eie weergawe het hy nie ‘n woord van die Hindi teks begryp nie, maar wat hy aangevoel het was met verbasing bevestig deur `n Indiër vriendin wat saam met hom by die uitvoering was. Blykbaar het die gees van die musiek die woordinhoud so sterk weergegee dat selfs ‘n boerseun dit oor taalgrense heen kon verstaan.

Dis is teen hierdie agtergrond dat werk aan hierdie album begin is. Die gevolg is ‘n album van 12 buitengewoon geïnspireerde snitte waarin die eenvoud, ontsag, kompleksiteit en deernis van die liefde in woord en klank vergestalting vind. Chris Chameleon sê dat hy in die album praat oor God, sy beminde en sy hartlandskap:

“Die album is nie op aanvraag gemaak of omdat dit tyd was of omdat ek uiteindelk genoeg liede gehad het vir ’n album nie. Ek het vir hierdie album myself volle, onbeperkte vryheid van musiek en liriek gegun. Die tekste is dikwels in vrye vers of blote prosa geskryf, maar het tog hulle vorm kon vind in die reëlmatigheid van die ligte liedvorm. Chameleon verduidelik: “Die album is uit die hart geskryf en was ’n proses wat baie eerlikheid van my geverg het. Ek moes veral my persoonlike emosionele verdedigingslinies opskort. Dis ’n proses wat ’n mens broos en feilbaar maak, ’n proses wat jou hart oopstel vir die ontvangs van mooi dinge maar ook blootstel aan kneusing. Dit het ’n album geword waarin ek nie deur middel van artistieke oogverblindery my gevoelens verdoesel, verpak of met linte uitstal nie,  sodat ek ten alle tye direk aanspreeklik vir my gevoelens gehou kan word. Die album is ’n hartsbelydenis waarin ek my emosioneel verootmoedig voor die ontsag van die liefde wat ek nie met my verstand kan verstaan nie.”

‘Jy en Ek en Ek en Jy’ is vanaf vandag (die 2de Mei) beskikbaar op Groot Tunes. Die album sal ook vanaf 8 Mei in winkels en op ander digitale platforms beskikbaar wees.

Julle kan Chris Chameleon live vang by een van die volgende venues hierdie naweek:

  • Vrydag 5 Mei 2017 – Musiekskuur, Pretoria – Kaartjies kos R150 – Besoek www.barnyardtheatres.co.za
  • Saterday 6 Mei 2017 –  Africlassic River Lodge, Rivonia, Sandton – Kaartjies kos R350 (en sluit aandete in). Skakel 082 806 7872 of 011 234 6522 of kry kaartjies op Computicket.

Wees op die uitkyk vir gereeld updates in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

The following two tabs change content below.
Henno Kruger
Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant and co-founder of SA Music Zone
Henno Kruger

Latest posts by Henno Kruger (see all)


Loading...

You may also like...