Nuwe Francois Van Coke musiek video uitgereik

0
2922
views

Francois Van Coke het onlangs die sesde musiekvideo, My Hart, vanaf sy tweede solo album, Hierdie is die Lewe, vrygestel.  Hy het ook ‘n skarefinansieringsveldtog geloods sodat hy en Die Gevaar ‘n vertoning in Amsterdam kan gaan lewer en sy Jägermeister bied aan: Die wêreld is mal Toer skop vandag af.

Francois-van-Coke_2017_by-Jonathan-Ferreira-MR Nuwe Francois Van Coke musiek video uitgereik

My Hart is die verhaal van ‘n armsalige musikant wie se geliefde hond, Ringo, ontvoer word en aangehou word vir ‘n losprys van R20,000.  Met Bellville teen die agtergrond, gaan die ontstelde musikant op ‘n avontuur om sy beste vriend te red.

Die soektog lei hom na die legendariese kroeg en karaoke plek in Bellville genaamd Gringo’s waar die storie ook sy klimaks bereik. “My Hart gaan oor my verhouding met Suid-Afrika en die video het niks met die song te doen nie. Ek het net ‘n rede gesoek om te gaan karaoke in my local kroeg, Gringo’s,” vertel Francois.

Die regie vir video is deur Robert J. Hannah gedoen en die video is vervaardig deur Young Guns Films. Ek dink hierdie is ‘n awesome video – dis nice om vir Ringo te sien – Eendag raak hy dalk so gewild soos Benji of Lassie? Kyk die video hier onder:

Indien julle nie geweet het nie, Francois het verlief geraak op Amsterdam toe hy die stad vir die eerste keer saam met Fokofpolisiekar in 2006 besoek het en hy het nog altyd probeer om soveel as mootlik terug te gaan soontoe.  Oor die jare het hy heelwat vertonings daar gelewer saam met verskeie groepe, maar nou is dit Francois se droom om sy groep, Die Gevaar, saam te neem.

Francois het ‘n skarefinansieringsveldtog via Thundafund geloods om te poog om R200,000 / €12,500 in te samel sodat hy en Die Gevaar Nederland toe kan gaan om ‘n uithaler vertoning by Melkweg in Amsterdam te gaan lewer op Dinsdag, 14 November 2017.

“Alhoewel ek Nederland al verskeie kere met verskeie ander musiekgroepe oor die afgelope 11 jaar besoek het, het ek nog net een keer saam met Die Gevaar in Amsterdam gespeel. Sederdien was ons hard aan die werk om ‘n rock ‘n roll skouspel met liedjies van my debuut album, my nuwe album, Hierdie is die Lewe, Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel classics saam te stel. Almal van ons is super opgewonde om terug te gaan in November 2017 en ons energieke live show ten toon te stel.” sê Francois.

Deur hierdie veldtog te steun, kan ondersteuners in Nederland hul kaartjies en ander fantastiese belonings bekom en hulle kan die dae aftel totdat Afrikaanse rock Amsterdam gaan ruk. Hierdie veldtog is gerig daarop om kaartjies beskikbaar te stel na die vertoning by Melkwerg en om verskeie ander belonings te bied:

  • ‘n On-uitgereikte MP3 (Enige iemand in die wêreld kan hierop aanspraak maak).
  • Kaartjie na die vertoning.
  • CD + kaartjie na die vertoning.
  • T-hemp + kaartjie na die vertoning.
  • Plaat + kaartjie na die vertoning.
  • T-hemp + CD + kaartjie na die vertoning.
  • Plaat + CD + kaartjie na die vertoning.
  • T-hemp + plaat + kaartjie na die vertoning.
  • Kaartjie na die vertoning + goedere bondel (CD + T-hemp + plaat).
  • Kaartjie + Francois van Coke CHPO horlosie.
  • Kaartjie na die vertoning + toegang tot agter die verhoog.
  • Kaartjie + Limited Edition Die Gevaar Levi’s® Medium Baadjie.
  • Ticket + Limited Edition Die Gevaar Levi’s® Groot Baadjie.
  • Ticket + Limited Edition Die Gevaar Levi’s® XL Baadjie.
  • Gaan kyk Queens of the Stone Age saam met Francois van Coke.
  • Private vertoning + kaartjie na die vertoning.
  • Getekende akoestiese kitaar (Enige iemand in die wêreld kan hierop aanspraak maak).

Julle kan Francois Van Coke en Die Gevaar by die volgende venues sien in September:

  • 1 September 2017 – Shenanigans Irish Pub, George, Wes Kaap.
  • 2  September 2017 – Brian’s Grill and Family Restaurant, Oudtshoorn, Wes Kaap.
  • 5 September 2017 – Atterbury Teater, Pretoria, Gauteng.
  • 6 September 2017 – Barnyard Teater, Vereeniging, Gauteng.
  • 7 September 2017 – Grid & Grill Pub, Benoni, Gauteng.
  • 8 September 2017 – Rumours Rock City, Johannesburg, Gauteng.
  • 9 September 2017 – Ridgeback Village Restaurant, Centurion, Gauteng (Gratis Show).
  • 10 September 2017 – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort.
  • 15 September 2017 – Potch Dam Resort, Potchefstroom, Noord Wes.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!