Nuwe NSFW Jack Parow musiek video vrygestel

0
1601
views

Goeie nuus! Ons gunsteling skollie rapper, Jack Parow, is terug met die eerste musiekvideo van sy nuwe album, Afrika 4 Beginners en hy is gevaarliker as ooit tevore.

Afrika 4 Beginners sal 10 November op digitale platforms wêreld-wyd beskikbaar wees en die CD sal teen die begin van Desember in musiekwinkels regoor die land te kry wees.  Aewon Wolf, Early B, Koos Kombuis, Happy Boys, HHP en die komediant, Schalk Bezuidenhout dra by op die album.

Jack-Parow-2017_Minnie-Mouse_by-Andre-Badenhorst-MR Nuwe NSFW Jack Parow musiek video vrygestel

Die eerste enkelsnit en musiekvideo, Boepens Vark, word nou tegelyke tyd deur Parowphernalia en Jack Parow se platemaatskappy in Nederland, Top Notch, vrygestel.  Manne, wees gewaarsku, daar is ‘n nuwe anti-held op die dorp en hy word Boepens Vark genoem. En as jy nie mooi na jou meisie kyk nie, sal hy.

“You alone at home and you got nowhere to go. Yo pick the phone up en baby bel die Boepens nou. If your husband’s at the bar or just out of town. I’m down to turn your frown f*kk*n upside down.”

Wees asseblief gewaarsku dat hierdie video naaktheid en grafiese beeldmateriaal  bevat en glad nie geskik is vir sensitiewe kykers en kinders onder 18 jaar nie. Om die video in oopplan-kantore te kyk word ook afgeraai, behalwe as jou baas en kollegas nie omgee vir stoute beeldmateriaal nie.

Ek moet erken dat hierdie musiek video nogals racey is. Dis half wat ek verwag het van Jack Parow en ‘n song wat se titel Boepens Vark is. Dis baie skerp en push bietjie die boundaries en ek love dit.

Ek dink wel daar mag dalk ‘n paar ooms en tannies besluit om petisies op te stel teen hierdie video of . Aandag Oumas & Oupas: Daar is ‘n Engelse gesegde wat sê “Out of Sight, Out of Mind”, onthou dit en moet eerder nie play op die video druk nie, unless jou bloeddruk wil opjaag nie.

 

Boepens Vark is vervaardig deur Janine van Schoor, Jack Parow & Jamie O’Brien. Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale musiek platforms op die interwebs – kry dit hier: http://smarturl.it/boepensvark

Jack Parow gaan op toer om hierdie song en sy nuwe album te bemark. Maak seker dat jy boudjies kry een van hierdie shows in November en Desember 2017:

  • 24 November – Aandklas, Pretoria
  • 25 November  – Full Moon, Honeydew, Johannesburg
  • 1 Desember – Rosetulee, Brakpan
  • 3 Desember – VAC, Hermanus
  • 7 Desember – Plett Rage, Plettenbergbaai
  • 8 Desember – Jbay Rage, Jeffreysbaai
  • 9 Desember – Shimmy’s Beach Bar, Kaapstad
  • 15 Desember – Upperdeck, Hartebeespoort
  • 22 Desember – Flamingos, Langebaan
  • 27 Desember – The Shed, Struisbaai
  • 28 Desember – Shenanigans, George
  • 29 Desember – Barrydale
  • 30 Desember – Brians Grill, Oudtshoorn
  • 31 Desember – Diaz Strand Hotel, Diaz

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

 

 

Loading...

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!