Praat met Van Coke Kartel op Facebook voor hulle laaste toer

0
696
views

Bobaas Afrikaanse rockgroep, Van Coke Kartel, het onlangs hul ontbinding en finale toer aangekondig.  Hulle los ‘n nalatingskap van onwrikbare, onuitputbare rock-musiek van die beste kwaliteit en elektrifiserende optredes wat nooit vergeet sal word nie.  Die groep se aanhangers sal vir ‘n laaste keer die geleentheid kry om hulle in aksie te sien op die Jägermeister presents: ‘THE FINAL TOUR’  wat op 14 Julie 2017 afskop.

Van-Coke-Kartel-640x390 Praat met Van Coke Kartel op Facebook voor hulle laaste toer

Goeie nuus is dat Van Coke Kartel hulle aanhangers en die media ‘n laaste geleentheid gaan gee om die groep vrae te vra wat hul nog altyd wou weet tydens ‘n Facebook Live uitsending op die 11de Julie 2017 om 11 uur die oggend. Hierdie video sal uitgesaai word vanaf Van Coke Kartel se Facebook-blad. Skakel in en vra daardie brandende vraag wat jou nog altyd gepla het.

Francois van Coke, Wynand Myburgh, Jedd Kossew en Jason Oosthuizen het ook hul hoogtepunte as deel van Van Coke Kartel gedeel:

  • Francois: “My hoogtepunte is om op te tree voor 100 000 mense in Taiwan en die SAMA toekenning vir my gunsteling album, Bloed, Sweet & Trane.
  • Wynand: “Sonder twyfel is dit om ‘n verhoog te deel met Metallica, om die Huyndai H1 te wen by die MK Toekennings en om op te tree by die Ho Hai Yan fees in Taiwan.”
  • Jedd: “My gunsteling oomblikke sluit in om die Hyundai te wen in MK se Beste Groep kategorie, om te open vir Metallica en die SAMA vir Bloed, Sweet & Trane.
  • Jason: “My eerste hoogtepunt was om oorsee te reis saam met die groep, defnitief die chaotiese leefstyl op daardie spesifieke tyd en die broederskap wat ons gedeel het terwyl ek deel van die groep was.”

Tydens Van Coke Kartel se 10-jaar bestaan het hulle verskeie tromspelers gehad.  Hulle het gekies om die tromspeler wat die langste saam met hulle was, Jason Oosthuizen, saam op die finale toer te neem.

Van-Coke-Kartel-640x390 Praat met Van Coke Kartel op Facebook voor hulle laaste toer  Van-Coke-Kartel-2-640x375 Praat met Van Coke Kartel op Facebook voor hulle laaste toer

Hul eerste tromspeler, Justin Kruger, sal op Rumours Rock City se verhoog op 15 Julie by Van Coke Kartel aansluit om September Fools op te voer.  Die groep se laaste tromspeler, Dylan Hunt herenig met hulle om vir ‘n laaste keer Sweef te speel by Mercury Live op 28 Julie.

Die groep is ook besig om met Peach van Pletzen (Bittereinder, Yesterday’s Pupil, Van Pletzen) te praat om moontlik ‘n liedjie saam met hulle te speel in Pretoria.  Peach het tromme gespeel op Van Coke Kartel se Skop, Skiet & Donner album en het hierdie album ook vervaardig.

Van Coke Kartel het hul aanhangers gevra watter liedjies hulle graag vir die laaste keer sou wou beleef op die toer.  Hul aanhangers se terugvoering het ‘n groot impak gehad op die keuse vir die groep se finale speellys. Die groep sal die volgende liedjies op toer opvoer: Here man, Dis ‘n land, Ondier kom!, Niemand is meer heilig nie, Buitenkant IISeptember Fools, In die agtergrond, MôregloedVir AlmalTot die son uitkom, SweefI want brandyVoor ons stof word en Verdoof. Vergiftig. Verskoon my.

Van-Coke-Kartel-640x390 Praat met Van Coke Kartel op Facebook voor hulle laaste toer  Van-Coke-Kartel-2-640x375 Praat met Van Coke Kartel op Facebook voor hulle laaste toer  Van-Coke-Kartel-Final-Tour-640x235 Praat met Van Coke Kartel op Facebook voor hulle laaste toer

Maak seker jy sien Van Coke Kartel vir ‘n laaste keer by een van hierdie shows:

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.