SamZone Podcast #57 – Park Acoustics, Gigs, Oppikoppi Oppikoppi Oppikoppi!

Oppikoppi 2013 BewilderbeastDie week se podcast gaan oor Oppikoppi. Ja, ons chat bietjie oor die epic Park Acoustics wat nou Sondag gebeur het, asook paar awesome gigs waarheen jy die naweek kan gaan. Die main thing is egter Oppikoppi. Met minder as ‘n week oor voor ons die Groot Stof tref, het ons gevoel dis tyd om jou te vertel. Wat vertel?

Wel… Wie moet jy sien, waar moet jy wanneer wees, wat gebeur wat cool is en meer. Sit terug, in die gees van ‘koppi gryb ‘n biertjie en geniet. As jy ‘n Oppikoppi Virgin is, mag jy dalk pen en papier wil byderhand hou…

Het ons enige Oppikoppi awesomeness gemis? Verkeerde band keuses gemaak? Deel jou opinie met ons, sal lekker wees om van jou te hoor…

Click hier vir die volledige Oppikoppi line-up.

Ons het laasweek vertel van Conrad Jamneck se bussie-stage wat daar gaan wees. Intussen het sy twitter handle verander, so gaan volg vir @EenManEenBoom2

As jy die volledig post wil sien oor wat jy op jou Oppikoppi Checklist moet sit, loer na 33 things you need for Oppikoppi: A stage manager’s perspective

Volg ons op Twitter:

The following two tabs change content below.
Loading...

You may also like...