Van Coke Kartel sê vaarwel met ‘n laaste toer

0
1356
views

Na ‘n rowwe dekade van rock ‘n roll, 5 vol lengte albums, verskeie tromspelers, vele toekennings, internasionale toere na plekke soos Taiwan en Europa, vertonings saam met internasionale groepe soos Metallica, het Van Coke Kartel besluit dis tyd is om die tuig neer te lê.

Ek kan die eerste keer onthou wat ek Van Coke Kartel gesien het. Ek dink dit was in April 2008 by Oppikoppi gewees en ek moet sê dat ek nie rêrig impressed was nie, miskien was dit omdat ek nie rêrig hulle musiek geken het nie. Die eerste vertoning wat my van my voete af geslaan het was by Oppikoppi in 2009 toe Wynand ‘n show gespeel het met so moerse bass viool. Hulle show by Oppikoppi 2010 was ook amazing gewees.

Van-Coke-Kartel-@-Oppikoppi-2009-640x480 Van Coke Kartel sê vaarwel met 'n laaste toer

Ek praat onder korreksie maar ek dink het Van Coke Kartel iets soos 11 keer live gesien in 2011. Daai shows was almal legendary, maar hulle vertoning by RAMFest (by Riversands Farm) staan uit en ek sal nooit al daai shows by die ou Arcade Empire vergeet nie. Dit was die jaar wat ek begin fotos van bands neem het en ek het baie tricks geleer te danke aan Van Coke Kartel.

Van-Coke-Kartel-@-RAMFest-2011-640x480 Van Coke Kartel sê vaarwel met 'n laaste toer

Van-Coke-Kartel-@-RAMFest-2011-02-640x480 Van Coke Kartel sê vaarwel met 'n laaste toer

Van-Coke-Kartel-@-Arcade-Empire-2011 Van Coke Kartel sê vaarwel met 'n laaste toer

“Van Coke Kartel was ‘n mal rit.  Vir baie jare was hierdie projek my en Francois se hoof fokus.  Baie werk het hier in gegaan en ons het virseker baie geleer.  Dis hartseer om te dink dat dit nou alles tot ‘n einde kom.  Ek is wel opgewonde om hierdie sirkus vir een laaste keer op die pad te neem!” Wynand Myburgh.

Van Coke Kartel het 16 maande laas ‘n konsert saam gedoen.  In plaas daarvan om net weg te kwyn, wil die manne groet met ‘n monster van ‘n finale toer in Julie 2017. Die groep se eks-tromspeler, Jason Oosthuizen, sal aansluit by hierdie toer aangesien hy die tromspeler was wat die langste saam met Van Coke Kartel was tydens hulle 10 jaar bestaan.

“Die band het heelwat verskillende tromspelers gehad oor die jare – ‘n totaal van 5, om presies te wees.  Ons voel dat ons ‘goue jare’ die jare saam met Jason was.  Tydens daardie tydperk was onsongelooflik aktief en op ‘n ‘all-time high’.  Dit het net natuurlik gevoel om die projek met hom op tromme te eindig.” Jedd Kossew

Toe Fokofpolisiekar in 2007 ‘n breek gevat het, het Francois van Coke en Wynand Myburgh hierdie geleentheid geneem om Van Coke Kartel van stapel te stuur. Jedd Kossew het later voltyds aangesluit en die groep se optredes het geskiet na ‘n nuwe veel-besproke dimensie.

“Toe ek en Wynand Van Coke Kartel in 2007 begin het, was ons nog nooit in ‘n band waar ons die hoof skrywers was nie.  Dit het baie harde werk gevat om daardie eerste albums te maak.  Ek dink ons het ons vertroue gekry uit die feit dat ons geweet het dat, sodra ons die verhoog betreë, ons sou opmaak vir waar ons ookal met die liedjie-skryf ontbreek het.  Toe Jedd by ons aangesluit het, het hy ons na ‘n nuwe vlak geneem en het onmiddelik baie bygedra tot die skryf proses.  Hy dra nog steeds so baie by met my solo werk.” Francois van Coke

Van Coke Kartel kry goeie aftrek op Spotify, met meer as 16 000 mense wat maandeliks luister. Al 6 van Van Coke Kartel se albums is beskibaar by Spotify, iTunes, Apple Music, Google Play Store, Google Play Music en Deezer.

VCK-by-Craig-Kolesky-720x480 Van Coke Kartel sê vaarwel met 'n laaste toer

Van Coke Kartel se energieke rock ‘n roll vertonings is van die hoogste kaliber en kan vir die laaste keer ooit in Julie ervaar word. Maak seker dat julle nie uitmis op die shows nie:

  • Vrydag, 14 Julie – Arcade Empire, Pretoria
  • Saterdag, 15 Julie – Rumours Rock City, Johannesburg
  • Sondag, 16 Julie – AtterburyTeater, Pretoria
  • Maandag, 17 Julie – Mystic Boer, Potchefstroom
  • Woensdag, 26 Julie – Aandklas, Stellenbosch
  • Vrydag, 28 Julie – Mercury Live, Kaapstad

Dis hartseer dat die manne dit nou quits call, maar miskien suprise hulle ons met ‘n reunion show in 2027, wie weet?

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!