Wen kaartjies vir die Francois Van Coke CD vrystelling partytjie by Weiveld

6
548
views

Goeie nuus! Francois Van Coke se 2de solo album, Hierdie Is Die Lewe word vrygestel op die 2de Februarie 2017. Die album kan alreeds vooraf bestel word op iTunes of Google Play en musiek videos vir “Klein Prys” en “Mensdom” (twee liedjies wat op die album gaan verskyn) is ook alreeds uitgereik.

Francois-Van-Coke Wen kaartjies vir die Francois Van Coke CD vrystelling partytjie by Weiveld

Ek moet erken dat ek baie opgewonde is oor die vrystelling van hierdie album. Ek het geen twyfel dat dit een van die beste albums gaan wees in 2017 nie. Dit gaan interessant wees om te sien en hoor wat Francois Van Coke en Die Gevaar vir ons gaan opdis. Ek voorspel ‘n bietjie diepte, gemeng met rock ‘n roll en legendariese lirieke en ek het ‘n spesmaas dat ek reg gaan wees, maar wat weet ek nou rêrig? Miskien verras hulle ons met ietsie completely different, wie weet?

Francois-Van-Coke-Album-Launch-720x268 Wen kaartjies vir die Francois Van Coke CD vrystelling partytjie by Weiveld

Francois en Die Gevaar loods die nuwe album by Weiveld in Pretoria op die 10de Februarie, Rumours in Johannesburg op die 11de Februarie en Dozi’s Back To The Roots in Hartebeespoort op die 12de Februarie. Kaartjies is nog beskikbaar vir hierdie shows.

Die beste nuus vir vandag is dat Running Wolf’s Rant ‘n dubbel kaartjie weggee vir die Pretoria CD vrystellings-partytjie by Weiveld (op die hoek van Boschkop & Graham Weg in Pretoria Oos). Al wat jy moet doen om vir die kompetisie in te skryf is om op hierdie artikel kommentaar te lewer en vir ons te sê wat jy prys sal gee om jou musiek-liefhebbende kloutjies op hierdie kaartjies te kry.

Neem kennis dat die kompetisie nie oop is vir onder 18’s nie. Maak seker dat jy jou e-pos adres saam met jou kommentaar los, sodat ons jou in die hande kan kry (as jy die wenner is). Die kompetisie eindig 5 uur die middag op die 5de Februarie 2017. Die wenner sal bekend gestel word in die kommentaar seksie van hierdie artikel op die 6de Februarie 2017.

Wees op die uitkyk vir gereelde artikels in die Music en Competitions kategoriëe van Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!

  • Lize Du Plooy

    Ek sal my linker boob gee om my musiek-liefhebbende kloutjies op hierdie kaartjies te kry.

    =D

  • Mathys du Preez

    Ek sal my eersgeborene reg prysgee

  • Francois Viljoen

    Ek sal ‘n jáár supply free tickets prysgee vir díe een show! Ek’t nog nie Francois se nuwe goed live gesien nie en was ook nog nooit by Weiveld nie, so groot asseblief man!

  • Annemi Swanepoel

    Ek sal maklik vir 2 dae kan vas net om hierdie kaartjies aan my man as persent te gee…hy verjaar die 2de Feb en wie love nie n extended bday nie..
    annemi5277@gmail.com

    • Hi Annemi – Jy is die gelukkige wenner van ‘n dbl kaartjie vir Vrydag se Francois Van Coke show by Weiveld!

      • Annemi Swanepoel

        Verskriklik dankie!
        My man is ekstaties
        Julle maak sy jaar!!!