Wen Kaartjies vir Liefde By Die Dam 2017!

9
3911
views

Die tweede edisie van Liefde By Die Dam gebeur op die 6de Augustus by Emmerentia Dam in Johannesburg. Laas jaar se edisie was groot pret gewees en die jaar se edisie beloof om ‘n vet jol te wees wat nie misgeloop moet word nie.

Liefde By Die Dam 2017 se line-up is nogals impressive. Die Heuwels Fantasties, Francois Van Coke, Majozi, Riana Nel, Laurika Rauch, Jo Black, JR en Tresor gaan almal optree by die fees. Kaartjies is alreeds beskikbaar by Computicket en verkoop soos soetkoek.

Liefde-By-Die-Dam-2017-640x360 Wen Kaartjies vir Liefde By Die Dam 2017!

Goeie nuus is dat Running Wolf’s Rant twee dubbelkaartjies het om weg te gee vir hierdie fees. Al wat julle moet doen om in te skryf vir die kompetisie is om kommentaar te lewer onder die artikel en vir ons te vertel wat jou definisie van “Liefde By Die Dam” is.

Die 2 persone wat die mees kreatiefste definisies vir ons gee, sal wegloop met die kaartjies. Die kompetisie sluit 5 uur op die 19de Julie 2017 en die wenners sal op die 20ste in kennis gestel word op hierdie artikel. Let wel dat die kompetisie net oop is vir persone oor 18 jaar.

So waarvoor wag jy? Drink ‘n energie drankie en vertel vir ons. Jy mag dalk net wegloop met die kaartjies en jouself gate uit geniet by Liefde By Die Dam 2017!

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music en Competitions kategorieë op Running Wolf’s Rant.

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

Want to write for us? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!

  • Julie

    Valiant Swart’s chart-topping hit met dieselfde naam “Liefde By Die Dam”

    #AFRIKAANS

    #DIEHEUWELSFANTASTIES

    #FRANCOISVANCOKE

    #JOBLACK

    #JOHANNESBURG

    #JR

    #LAURIKARAUCH

    #LIEFDEBYDIEDAM

    #MAJOZI

    #RIANANEL

    #SAMUSIC

    #SOUTHAFRICA

    #TRESOR

  • Melissa Sutherland

    Ek was by die vorige Liefde by die dam. Dit is ń amazing fees met ń fantastiese line-up! Dis ń dag waar families, vriende en paartjies bymekaar kom om hierdie dag te geniet. Want daar’s niks lekkerder om op ń bersie te lê en na jou gunsteling bands teluister nie!

  • Combrinck Lombard

    Soos Laurika Rauch heel toepaslik sal sing: Stille waters, diepe grond, en onder draai die duiwel rond. 🙂 combrincklombard@gmail.com

    • Geluk meneer! Jy is die 2de wenner van die kaartjies! Die organiseerders sal in kontak met jou wees 🙂

      • Combrinck Lombard

        Super goeie nuus!! Baie dankie Henno!! Het die dag meer draaglik gemaak na die hartseer nuus van Chester.

  • Heidi

    “Kom sit styf hier teen my, jou kop agteroor” en sing vir my jou “balade vir ‘n enkeling”, want “ek sweer op my lewe” dat ons sal altyd net “kinders van die wind” wees. Gee my net ‘n “tweede kans” en ek belowe om dit “die moeite werd” te maak.
    Die bootjies wat op die water dobber lyk soos “skepe” teen die sons ondergang en in die doodse stilte is waar ons sal “Vrede vind”. En vanuit die skemer hoor jy stemme skree: hey guys!! Lets “light these fires!!!”
    Braaivleis reuke hang in die lug en ons smeer nog so bietjie BBQ “sauce” om die smaak af te rond. Koue drankies in die hand en ons sing gesellig saam. LIEFDE BY DIE DAM…”The greatest love”….

    • Hi Heidi – Geluk! Jy is die wenner van die kaartjies 🙂 Die organiseerders sal in kontak met jou wees 🙂

  • Heidi

    Was die wenner al aangekondig?