Wen ‘n kans om saam met Francois Van Coke te werk

0
2171
views

Francois van Coke se talent, werks-etiek en charisma is al vir jare lank ‘n inspirasie vir opkomende musikante. Nou het Francois en Red Bull Studios ‘n unieke geleentheid geskep vir ‘n solo kunstenaar of groep om saam met hom te werk en eerste hands te ervaar hoe hy te werk gaan om onvergeetlike musiek te maak.

Francois-Van-Coke-720x480 Wen ‘n kans om saam met Francois Van Coke te werk

Hulle gee solo kunstenaars en musiekgroepe die geleentheid om ‘n liedjie in te skryf wat Francois sal verwerk, vervaardig, opneem en opvoer saam met die wenner(s) by Red Bull Studios in Kaapstad. Die liedjie sal deur Red Bull Studios se kanale vrygestel word.

Hoe om in te skryf:

  • Musiekgroepe of solo kunstenaars kan ‘n oorspronklike komposisie inskryf deur dit op SoundCloud of YouTube te laai.
  • Die volgende stap sal wees om hierdie skakel na Red Bull Studios te Tweet of die skakel op hul Facebookblad te publiseer.
  • Die inskrywing moet die naam van die groep of projek, die naam van die liedjie en ook die huts-merke, #RedBullStudios #VanCokeColab insluit.

Francois en Red Bull Studios se span sal al die inskrywings oorweeg en die wenner kies. Die kompetisie sluit op 3 Julie en die wenner(s) sal op 19 Julie aangekondig word. Vir enige verdere navrae, kontak studio@za.redbull.com.

Vind meer uit hieroor op Red Bull Studios se Facebook page of volg @RBStudiosCPT op Twitter. Jy kan ook hierdie artikle lees op hulle webwerf.

Julle kan Francois Van Coke by een van hierdie venues live sien in Junie en Julie 2017:

  • 23 Junie 2017 – Buddy’s Pub, Bethal, Mpumalanga
  • 24 Junie 2017 – Mfasa @ Aloha Island, Bela Bela,Limpopo
  • 25 Junie 2017 – Large On The Lawn, Golden Harvest Park, Randburg, Gauteng
  • 5 Julie 2017 – Innibos Rock Stage, Nelspruit, Mpumalanga.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Loading...

Do you like what you're reading on Running Wolf's Rant? Join Our Cub House on Facebook!

If you're a fan of SA Music, join the All Things SA Music group on Facebook!

Want to write for this blog? Click here to find how you can become part of the Wolf Pack!