Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Bernice West Deel Persoonlike Boodskap in “Lyntjies”

Bernice West Deel Persoonlike Boodskap in “Lyntjies”

Blitsoorsig: Bernice West het haar selfgeskrewe enkelsnit "Lyntjies" uitgebring, waarin sy die teenstrydige verwagtinge wat die samelewing aan vroue stel, ondersoek. Die liedjie ontstaan uit haar eie ervaring met kritiek en dien as 'n boodskap aan jonger vroue dat hulle nie onder samalewingdruk hoef te swig nie. Met "Lyntjies" experimenteer sy ook met 'n nuwe, meer vereenvoudigde klankbenadering.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 20, 2026No Comments2 Mins Read Music News 2,149 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Bernice West is terug met ‘n splinternuwe selfgeskrewe enkelsnit, “Lyntjies”, waarin sy ‘n dieper en meer persoonlike boodskap met haar luisteraars deel.

Die liedjie raak aan die teenstrydige verwagtinge wat die samelewing aan vroue stel en die druk om voortdurend aan ander se idees van hul identiteit en sukses te voldoen.

Bernice West

In ‘n wêreld vol opinies wil Bernice West die kragtige boodskap oordra dat dit heeltemal aanvaarbaar is om jou tyd te vat om jouself te ontdek.

Die inspirasie vir “Lyntjies” het ontstaan uit haar eie ervaring met kritiek en menings oor haar loopbaan. Te midde van die geraas het sy voor die klavier gaan sit, waar die woorde en melodie as ‘n emosionele uitlaatklep gedien het.

NetfloristOfferforge

Hoewel die enkelsnit reeds ‘n jaar gelede geskryf is, het sy dit eers teruggehou nadat iemand opgemerk het dat dit “te hard” klink.

Haar perspektief het egter verander tydens ‘n vertoning toe sy opgemerk het dat haar gehoor uit jong meisies en vroue bestaan. Hierdie ervaring het haar laat besef dat die jonger generasie ‘n stem nodig het wat hulle herinner dat hulle nie onder die druk van die samelewing hoef te swig nie.

‘n Nuwe Klankbenadering vir Bernice West

Met “Lyntjies” eksperimenteer Bernice West ook klankgewys met ‘n nuwe, meer vereenvoudigde benadering, terwyl die kenmerkende elemente van haar klank behoue bly.

Die enkelsnit het tans nie ‘n amptelike musiekvideo nie, en die sangeres fokus eerder daarop dat die boodskap en die musiek vir hulself spreek. Uiteindelik dien die liedjie as ‘n herinnering dat niemand anders die lyne hoef te trek waarbinne iemand hul lewe moet inpas nie.

NetfloristOfferforge

Jy kan “Lyntjies” HIER stroom/aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”

    Winter Hotel - Koffiewinkel
    Music Videos 6 Sep 2026
  • Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026
  • Guy Buttery Announces New Album Project

    Guy Buttery
    Music News 30 Oct 2026
  • Desiree and Marieme Team Up for “Heartbreaker”

    Desiree
    Music News 26 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Playtopia Festival: 3-5 December 2026

    Playtopia Festival Featured
    Upcoming Events
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Bernice West Lyntjies South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • T MO
    T MO Steps Into New Era With “Twenty2” EP
    October 24, 2026
  • Dewald Wasserfall
    Dewald Wasserfall Reik “Kop en Hart” Uit
    October 24, 2026
  • DJ Manzo SA & Soulphiatown
    DJ Manzo SA Teams Up With Soulphiatown
    October 23, 2026
  • Atom Band
    Atom Band Ends Hiatus With New Live Studio Release
    October 23, 2026
  • SaxbyTwins
    SaxbyTwins Return to Pop Roots With “This Party”
    October 21, 2026
  • Music Business Awards Africa
    Music Business Awards Africa Set for November 2026
    October 21, 2026
  • Zolani Mahola
    Zolani Mahola Drops Groovy Single “A Good Time”
    October 16, 2026
  • Ghost Jr.
    Ghost Jr. Drops High-Energy Single: “2 Phones”
    October 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,354
Rock 623
Useful Tips 570
Afrikaans 529
Cape Town 347
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 200
UK 180
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.