Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • SAMA28 announces Top 10 in public voting categories
    • Gia Mckay releases new single: “Cut Up”
    • Louise Carver Releases ‘Nothing Feels Good Without You’
    • Will Linley drops debut EP: “Kill All My Feelings”
    • Kat Releases ‘Halloween’ (Produced By Mark Haze)
    • RIP Mthandeni Mvelase (The Music Industry Icon)
    • Brace yourselves for The Narrow’s 20th Anniversary Tour
    • SAMA28 To Return to Sun City
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Kry jouself reg vir die Bietjie Bos Fees in Augustus 2022!

    Kry jouself reg vir die Bietjie Bos Fees in Augustus 2022!

    Henno KrugerBy Henno KrugerAug 1, 2022 Music 3 Mins Read165 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Kom saam met ons vir `n bietjie bos vanaf die 5de tot die 7de Augustus 2022! Dis gaan ‘n massiewe naweek wees in die ooptes van die lieflike bosveld plaas Marakeli (naby Thabazimbi in die Limpopo provinsie).

    Dis vir almal `n lekker tyd om weer uit te kan gaan en daar is vele musiek-konserte en feeste om van te kies. Bietjie Bos Fees is vir dié van julle wat graag in die bosveld wil kuier, met heeldag musiek en vermaak vir oud en jonk. Sorgeloos! Dis hoe `n fees moet wees!

    Bietjie Bos Fees - Augustus 2022

    Van die beste en mees geliefde Suid-Afrikaanse kunstenaars gaan die verhoog deel by die Bietjie Bos Fees

    Kyk net na die line-up (as jy my nie glo nie): Spoegwolf, Early B, The Black Cat Bones, Riaan Benadé, Martin Bester, Straatligkinders, Bernice West, Akkedis, Valiant Swart, Die Melktert Kommissie, Van Pletzen, Zebraman, Saarkie en Danny Smoke.

    Die legendariese bosveld musiek-ruiter Valiant Swart is opgewonde hieroor

    ‘Ek is baie opgewonde oor die Bietjie Bos Fees – dis hoog tyd! Ek was hopeloos te lanklaas in sonnige Thabazimbi se wêreld; ek het nog altyd net baie goeie tye daar gehad. Behalwe vir die lekker fees-atmosfeer, sien ek verskriklik uit daarna om die ander bands te sien en ‘n slag te rock ‘n roll soos in die ‘bad old days’. Elektriese kitare, dromme en yskoue bier – wat meer kan mens vra? Die line-up is kookwater! Sien jou in die mosh pit!”

    Valiant Swart - Bietjie Bos Fees

    Bouwer Bosch van Straatligkinders sê dat hulle ook nie kan wag om by Bietjie Bos op te tree nie

    “Dis altyd fantasties om in die bosveld te wees en om `n show te doen in die buitelug waar jy nie net jou gunsteling liedjies vir mense kan sing nie, maar dit ook onder die sterre kan doen. Dit is waar natuur en musiek bymekaar kom – en dis twee van die mooiste goed in die wêreld.  Ons kan nie wag nie!  Feesgangers kan van ons ou classic songs verwag, asook `n paar lekker stoute covers.”

    Bouwer Bosch - Bietjie Bos Fees

    Peach van Pletzen beaam dat dinge net lekker kan raak

    “In die bos kan mens raas so hard soos jy wil. En ons gaan RAAS! Verwag al die massive hits, `n KRAG show met fabulous techno glam!”

    Peach Van Pletzen - Bietjie Bos Fees

    Die hekke maak Vrydag die 5de Augustus 13h00 oop en daar is baie plek vir jou en jou vriende om behoorlik nes te skop vir die naweek – met nabygeleë kroeë en kosstalletjies vir heel naweek se partytjie.

    Kaartjie besonderhede vir die Bietjie Bos Fees

    • Kinders onder 3 jaar Gratis Toegang.
    • Kinders 3 – 15: R95 per dag kaartjie of R250 naweek kaartjie.
    • Early Bird kaartjies vir Volwassenes: R195 per dag of R450 vir die naweek.
    • Algemene kaartjies vir wolwassenes: R250 per dag of R500 vir die naweek.
    • VIP Kaartjies: R1200 per persoon / R20 000 vir 20 mense: Sluit toegang tot ‘n losie naby verhoog met ‘n privaat kroeg en toilette, asook VIP parkering.

    Bring jou eie tent (kampeerplek ingesluit by kaartjie) of besoek bietjiebosfees.com om spesiale tent-opsies te bespreek.

    Spesiale Kampeer opsies (vir 2 persone)

    • Basiese Tent R1400
    • VIP Protea Tent R2400 – met ontbyt.
    • Palm Glamping R15 000 – met ontbyt.

    Hier is die program vir Bietjie Bos Fees

    Vrydag:

    15:00 DJ – Scallywag

    18:00 Saarkie

    19:00 Van Pletzen

    20:00 Early B

    21:00 Spoegwolf

    22:00 Akkedis

    23:00 DJ- Justin Vega

    Saterdag:

    11:00 Die Melktert Kommissie (Accoustic)

    12:00 Dagdroom

    13:00 Andries Botha

    14:00 Zebraman

    15:00 Valiant Swart

    16:00 Danny Smoke

    17:00 Rugby Live Stream SA vs New Zealand

    18:00 Martin Bester

    19:00 Riaan Benade

    20:00 Bernice West

    21:00 The Black Cat Bones

    22:00 Straatligkinders

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Bietjie Bos Fees Festivals Limpopo South Africa Thabazimbi
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleBitcoin Exchanges: How To Choose The Best One
    Next Article Which Shows Are Coming To Showmax in August 2022?
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Kry jouself reg vir 3 Suidoosterfees Inry-Konserte in November

    Oct 30, 20204 Mins Read

    Van Pletzen & Francois Van Coke gaan bietjie “Kakmal”

    Aug 29, 20202 Mins Read55 Views

    Park Acoustics: ‘n Onderhoud met Van Pletzen

    Jul 26, 20192 Mins Read24 Views

    ‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties

    Jul 20, 20183 Mins Read69 Views

    Ontmoet Van Pletzen

    Jul 3, 20172 Mins Read16 Views

    Jack Parow kry sy eie fees in Nederland

    Apr 7, 20173 Mins Read10 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    Photo Album: Pretoria sport snaps from yesteryear

    Jun 17, 201428 Views

    Resensie: Park Acoustics – 4 Februarie 2018

    Feb 8, 201820 Views

    Review: Park Acoustics – 2 September 2018

    Sep 20, 201820 Views

    An Interview with Gangs of Ballet

    Oct 7, 201612 Views

    Photo Album: Sowing the Seeds 2015

    Mar 23, 201523 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    Zimbabwe: 10 Facts You Might Not Have Known

    Apr 16, 2018121 Views

    How Star Wars Characters Eat Their Food (Video)

    May 4, 201316 Views

    How long should pest control last?

    Jul 24, 20217 Views

    The Possible Impact of Brexit on the Music Industry

    Sep 23, 20195 Views

    Newsflash: The Kids Aren’t Alright

    May 27, 201412 Views
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    8 Reasons Why You Should Shop at Pretty Pandora

    Aug 20, 2019229 Views

    My 2 cents on Otterlake Easter Festival 2015

    Apr 13, 201527 Views

    5 Life Lessons I Learned in 2020

    Dec 31, 20205 Views
    Recent Posts

    3 Ways To Find the Best Name for Your Business

    Aug 8, 202221 Views

    SAMA28 announces Top 10 in public voting categories

    Aug 6, 202220 Views

    Matthew Mole Releases Bitter-sweet Single: “Goodbye”

    Aug 5, 202252 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.