Ek het met Chris Van Der Walt gesels! Hoekom? Wel, Blood Brothers 2017 word op die 30ste September by The Good Luck Bar in Johannesburg gehou en hy gaan daar wees.
Blood Brothers het die eerste keer in 2015 gebeur. Hierdie rock show feature 10 van Suid-Afrika se beste rock musikante op een verhoog vir een aand.
Die eerste edisie was puik en Jason Hinch (The Black Cat Bones & Boargazm), SA guitar legend Albert Frost, Rian Zietsman (Taxi Violence & BEAST), Francois van Coke (Fokofpolisiekar & Van Coke Kartel), Arno Carstens (Springbok Nude Girls), George van der Spuy (Taxi Violence & Goodnight Wembley), Kobus de Kock Jr (The Black Cat Bones), Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar & Die Heuwels Fantasties), Loedi van Reenen (Taxi Violence) en Isaac Klawansky (Shadowclub) was op die verhoog gewees.
Die tweede edisie was lekker en almal van die vorige jaar was betrokke gewees, behalwe Arno Carstens. Hy is vervang vir die 2016 edisie deur Zolani Mahola (van Freshlyground).
Die jaar se line-up van musikante is mal. Francois van Coke, Albert Frost, Kobus De Kock Jnr en Jason Hinch is almal weer betrokke. Behalwe hulle is Garth Barnes (Tweak, Crash Car Burn), Hanu De Jong (The Narrow, Not My Dog), Chris Van Der Walt (The Black Cat Bones, Boargazm), Jaco Mans (Tidal Waves, The Ultranatives, SADC), Jason Oosthuizen (Van Coke Kartel, The Black Cat Bones, Lost&Found) en Loandi Boersma (Cortina Whiplash) ook die jaar op die verhoog by Blood Brothers 2017.
Die proceeds van Blood Brothers 2017 gaan na die Vrede Foundation toe. Hulle doelwit is om Suid-Afrikaners tussen 15 en 29 jaar oud bewus te maak van kanker en om geld in te samel om finansiële bystand vir mense wat lewe met kanker het te gee.
Ek het met Chris Van Der Walt gepraat oor Blood Brothers 2017 en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het:
Wat is Chris Van Der Walt se gunsteling ding van die Good Luck Bar?
Die vibe, die eienaars, en die mense wat soontoe gaan. Dis ’n bar wat live musiek lewendig hou. Ek het al baie mal parties daar gehad, en dis reg om die draai van die polisiestasie (free verblyf).
Hoe excited is Chris Van Der Walt om sy eerste Blood Brothers te speel?
Dis ’n reuse voorreg om deel van so groep en so inisiatief te wees. Ek hoop ek kan my gewig dra, en ek sien vreeslik uit na wat die aand behels. Baie magic wat lê en wag.
Wat kan ons verwag van Chris Van Der Walt se kant af by Blood Brothers 2017?
Ek hardloop maar gewoonlik rond en dans soos ’n hanswors. Ek gaan try om my beste te doen en die hele band te glue. ’n Bassist se verantwoordelikheid is om al die musos bymekaar te bring / te hou. Hoe meer spelers, hoe belangriker is jou rol.
Hoekom moet mense na Blood Brothers 2017 toe gaan?
Daar is ’n paar nuwe mense op die stage hierdie jaar. Dis ’n kick-ass set list. Baie surprises, en jy support ’n wonderlike cause.
Ek wil die geleentheid gebruik om vir Chris dankie te sê vir hierdie onderhoud. Ek sien uit daarna om hom op die Good Luck Bar stage te sien op die 30ste September. As jy nog nie kaartjies het vir Blood Brothers 2017, kry joune HIER.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.
Foto: Claudine Van Der Walt.
Subscribe to our newsletter, feel free to check out our Featured Posts or check out the related posts below...
Latest posts on SA Music Zone:
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide.
Latest posts on Interesting Facts:
Looking for a loadshedding / outdoor energy solution? Check out EcoFlow.
Looking for great deals on clothes, electronics, appliances and more? Check out Temu.