Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Hacks»Diaan Daniels het wenke vir jong ontwerpers

    Diaan Daniels het wenke vir jong ontwerpers

    Henno KrugerBy Henno Kruger Hacks 4 Mins Read29 ViewsApril 11, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Volgens die bekende Suid-Afrikaanse ontwerper Diaan Daniels, wat al vir meer as 25 jaar sy stempel in die modebedryf afdruk, is daar ’n paar stappe wat jong ontwerpers kan volg om hulself te vestig en ’n suksesvolle loopbaan in die modebedryf te hê.

    NetfloristOfferforge

    Hy waarsku egter, “dit is 99% harde werk, 1% glans, en daar is geen ruimte vir ego’s. Daar is ook geen kortpaaie nie”.

    Diaan Daniels

    Die modebedryf lyk glansryk – dink aan treffende modelle in asemrowende skeppings – en modeontwerp is dikwels ’n gewilde beroepskeuse vir dié wat hul kreatiwiteit met hulle passie vir mode wil saamsmelt. Dié bedryf is egter ook mededinging, met nuwe toetreders wat onseker is oor hoe om hul merk te maak.

    In terme van opleiding en kwalifikasies, meen Daniels dat ’n diploma in modeontwerp dikwels ’n vereiste is, maar dat daar ook ontwerpers sonder formele kwalifikasies is wat ongelooflike werk doen.

    “Dit gaan uiteindelik oor passie en toewyding. Jy kan verseker jouself leer, en ’n goeie mentor kan van onskatbare waarde wees.” sê Diaan “Onthou ook, mode staan nooit stil nie, so selfs al het jy ’n diploma is dit belangrik om aanhoudend nuwe tegnieke en vaardighede aan te leer.”

    Ongeag hul opleiding, sê hy daar is ’n paar eienskappe wat alle ontwerpers in gemeen het.

    “Suksesvolle modeontwerpers het natuurlike kreatiewe intuïsie, is uitstekende probleemoplossers, het dissipline en geduld, en hulle gee nooit op nie. Daar is baie dinge wat jy kan aanleer, maar dié eienskappe moet deel van jou DNS vorm.”

    Uit ’n besigheidsoogpunt verduidelik hy dat modeontwerp, alhoewel kreatief, uiteindelik ’n besigheid is en moet sodanig bedryf word.

    “As daar elemente is waarmee jy nie goed is nie, byvoorbeeld finansies of bemarking, moet jy kenners aanstel wat jou kan ondersteun. Die doel is om op alle fronte jou besigheid professioneel uit te beeld. Verhoudings is ook uiters belangrik – nie net met kliënte nie, maar ook met ander diensverskaffers soos fotograwe en grimeerkunstenaars, die wyer bedryf, en selfs die media. Die opbou van ’n netwerk is noodsaaklik vir sukses.”

    Diaan Daniels se wenke vir aspirant-ontwerpers sluit ook in:

    1. Wees outentiek jouself

    Jy kan – en moet – deur ander geïnspireer word, maar jy moet van die begin af jou unieke stempel op die bedryf afdruk.

    2. Maak die meeste van leergeleenthede

    Wanneer die geleentheid om van meer gevestigde ontwerpers te leer hom voordoen, gryp dit aan. Dit kan jou help om sekere ontwerpelemente baas te raak, maar ook om ander kreatiewe en besigheidsvaardighede aan te leer en sodoende jou doelwitte vinniger te bereik.

    3. Wees bewus van nuwe neigings, maar bly getrou aan jou eie styl

    Weet wat in die modebedryf aangaan, maar onthou dat nie al jou kliënte die nuutste modes kan of wil volg nie. Hou dus nuwe neigings en internasionale modes dop, maar pas dit aan volgens jou eie styl en dit wat jou kliënte wil hê.

    4. Spesialiseer in dit waarvan jy hou

    Die kanse dat jy suksesvol gaan wees is beter as jy iets doen waarvan jy jou. Moet dus nie trourokke ontwerp as jy ’n passie vir mansklere het nie. Wees egter ook realisties oor die aanvraag in die mark.

    5. Weet wat jy werd is

    Wees bewus van wat jou portuur in die bedryf vir hul ontwerpe vra, maar onthou ook dat mense bereid is om vir diens, gehalte, en betroubaarheid te betaal. Mense belê in mense.

    6. Vertoon jou vaardighede

    Wys alle aspekte van jou werk sodat mense kan sien waartoe jy in staat is. Tydlose en klassieke ontwerpe is altyd in aanvraag, maar moenie bang wees om risiko’s te vat en ander opsies te verken nie.

    7. Moenie bang wees vir mislukking nie

    ’n Kernaspek van enige kreatiewe bedryf is ‘leer en probeer’. Moet dus nie bang wees om foute te maak of af en toe te misluk nie – dit is dikwels die beste leerskool.

    8. Goeie gehalte kan bekostigbaar wees

    Dit is moontlik om oorspronklike ontwerpe van goeie gehalte teen bekostigbare pryse te lewer. Maar dit verg tonne navorsing, geduld, en soos voorheen genoem, ‘leer en probeer’.

    Sy finale raad aan jong ontwerpers? “Pas jou naam op – jy het net een.”

    Meer inligting oor Diaan Daniels

    Diaan Daniels is ’n bekende Suid-Afrikaanse ontwerper, besigheidsman en televisiepersoonlikheid. Hy besit Diaan Daniels Couture en sy ontwerpe is al deur talle plaaslike asook internasionale sterre gedra. Hy was ook die aanbieder van die VIA-program Die Bruid-boetiek.

    Diaan, wat in Bloemfontein grootgeword het en tans in Johannesburg woon is sedert 1998 aan die voorfront van die modebedryf en deel graag sy storie as ontwerper en besigheidsman met ander.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Hacks kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • ‘n Vinnige Geselsie met Dawie De Jager
    • ‘n Vinnige geselsie met Koos Kombuis
    • Janie Bay Gesels Oor Haar Musiek en Ander Goedjies
    • ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar

    Like what you just read? Buy us a coffee to enable us to bring you more content like this.

    You're also more than welcome to subscribe to our newsletter to stay in the loop.

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Upcoming Events

    Loading events...
    Afrikaans Diaan Daniels South Africa Useful Tips
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleCarol Ofori Shares 3 Tips To Make Your Podcast More Engaging
    Next Article Forex Trading: What Beginners Should Know?
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    February 3, 2026

    Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

    10 Views4 Mins Read
    Die Kantoor
    January 12, 2026

    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)

    25 Views8 Mins Read
    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    November 25, 2025

    Die Kantoor (Afrikaanse weergawe van “The Office”) is oppad

    22 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    104 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Ander Artikels
    Disney Plus
    February 7, 2026

    What’s Streaming on Disney+ in February 2026?

    15 Views4 Mins Read
    Showmax in October 2025
    February 6, 2026

    What’s Streaming on Showmax in February 2026?

    10 Views8 Mins Read
    Automovie Sector, South Africa
    February 5, 2026

    South Africa Shows Growth in the Automotive Sector

    6 Views8 Mins Read
    Good Morning Angels - Martin, Felicity and Joe Man
    February 5, 2026

    Good Morning Angels Raises Over R4 Million in Flood Relief

    12 Views4 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Rammstein in Johannesburg
    February 15, 2011

    Rammstein Live In Johannesburg: A Photo Album

    230 Views2 Mins Read
    Pretty Pandora - South Africa
    August 20, 2019

    Pretty Pandora: 8 Reasons Why You Should Shop With Them

    311 Views2 Mins Read
    2011: My 2 Cents on A Magnificent Year 1
    January 2, 2012

    2011: My 2 Cents on A Magnificent Year

    76 Views5 Mins Read
    Random Funnies - Laughing Person
    January 22, 2024

    21 Random Funnies (January 2024 Edition)

    239 Views2 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2026 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.