Die Van Coke Show: Vol ou en nuwe Afrikaanse treffers

0
55
views
  • 8
    Shares

Francois van Coke het op 8 Oktober 2019 sy eie TV program op kykNET afgeskop. Die program staan bekend as Die Van Coke Show.

Die Van Coke Show word beskryf as “’n nuwe speletjies- en geselsprogram waar almal kliphard speel om niks te wen nie. Saam met bekendes en komediante gaan Francois die draak steek met al die malligheid wat in die wêreld aangaan.”

Die Van Coke Show

‘n Hoogtepunt van hierdie program is Francois se “raai-wat-is-die-tune-wat-ek-gaan-ek-cover-as-die laaste-song-op-vanaand-show-se-naam GAME!”  Deelnemers van Die Van Coke Show moet leidrade volg om te raai watter ou of nuwe Afrikaanse treffer Francois op sy unieke rock manier gaan dek.

Francois Van Coke - Die Van Coke Show

Daar is 13 episodes in die reeks wat beteken dat daar 13 liedjies uit hierdie TV program spruit. Elke Maandagaand, na afloop van elke episode, stel Francois die “mystery” liedjie op digitale platforms vry.  ‘n Vertoningsvideo van daardie liedjie word elke Maandagaand ook op YouTube aan die lewe gebring.

READ:  Inverroche launches 2018 Summer Concerts in Stilbaai

Francois het heel eerste Gé Korsten se immergroen treffer, “Liefling”, gedek. Hierdie ikoniese liedjie het vinnig iTunes se Top 10 enkelsnit ranglys gehaal. Ander vrystellings van die reeks sover is Koos Kombuis se “Onder in my whiskeyglas” en Karlien van Jaarsveld se “Geskeurde Jeans”. Hierdie week het Sonja Herold se ballade, “Ek verlang na jou”, aan die beurt gekom.

En hoe kies Francois die gewilde ou of nuwe Afrikaanse treffer waarin hy elke week ‘n rock asem inblaas?

“Ek wou al baie lank so ‘n versameling Afrikaanse cover songs doen en die show was nou ‘n geleentheid om dit te kon doen. Ek het songs gekies omdat ek van hulle hou, vir verskillende redes. Dit moes ook ikoniese songs wees, al is dit net in my kop. Sommiges is gedoen vir ironies redes en ek wou sien hoe ek en Die Gevaar dit in ons styl kon oordoen,” vertel Francois.

Die Van Coke Show word Maandagaande om 8:30 uitgesaai op kykNET DStv kanaal 144.

READ:  Zombies Ate My Girlfriend release "Immolation"

Kyk die Francois van Coke & Vriende offisiële na-fliek

Op 15 September 2018 was Francois die gasheer van die grootste konsert van sy 15-jaar loopbaan – Francois van Coke & Vriende, wat gehou is by Sun Arena, Time Square in Pretoria. 8,500 mense het hierdie rock ‘n roll fees bygewoon en terugvoering oor die konsert was oorweldigend positief.

Francois Van Coke & Vriende
Foto deur Henry Engelbrecht

As jy daar was kan jy nou die konsert herbeleef en as jy nie daar was nie kan jy nou sien waarop jy uitgemis uit. Check die Francois Van Coke & Vriende offisiële na-fliek hier onder:

Goeie nuus is dat nog Francois van Coke & Vriende konserte in Pretoria, sowel as Kaapstad vir 2019 beplan word. Hou hierdie spasie dop vir meer inligting.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.


  • 8
    Shares

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here