Francois van Coke stel “Ek Lewe, ek belowe” musiekvideo vry

0
62
views

Francois van Coke het vandag die “Ek lewe, ek belowe” musiekvideo vrygestel. Jaco S. Venter (bekend as fotograaf en Fokofpolisiekar se tromspeler) het ‘n musiekvideo vir hierdie punk nommer op die En Vriende kortspeler (wat opgeneem is saam met Die Heuwels Fantasties) gemaak.

In geval jy vergeet het, gaan AMP Events en Francois van Coke die grootste konsert van sy 15-jaar loopbaan hou op die 15de September by Sun Arena by Time Square Casino in Pretoria. Die Francois van Coke & Vriende konsert (in samewerking met kykNET en Jacaranda FM) het die produksie van die 4-snit kortspeler, En Vriende aangevuur. Kaartjies is besig om soos soetkoek te verkoop, so aanhangers word aangemoedig om gou kaartjies by Computicket te kry.

Francois van Coke - En Vriende EP
  • Save

En Vriende, wat groot samewerkings met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Early B en Laudo Liebenberg (aKING) bevat, het vinnig geskiet na nommer 1 posisies op iTunes en Google Play nadat die kortspeler op Vrydag die 13 Julie 2018 vrygestel is. Die En Vriende EP is moontlik gemaak deur Jägermeister en Red Bull.

READ:  Lady Zamar set to turn up the heat at Emperors Palace

Francois het die volgende te sê gehad oor “Ek lewe, ek belowe”: “Die liedjie gaan oor die lewe in die suburbs en dit is hartseer en snaaks op dieselfde tyd. Ek grap oor my bure, maar ek spot ook met myself en my vriende wat terug suburbia toe getrek het.”

Kyk die “Ek lewe, ek belowe” musiekvideo hier onder:

Ek moet sê het dat hierdie liedjie seker my gunsteling snit op die En Vriende EP is en hierdie musiekvideo doen hierdie song justice. Wel gedaan Snake! Wel gedaan! Dit laat my sommer uitsien na Francois van Coke se show op die 15de September! Ek dink ek kan veilig sê dat dit befok gaan wees. Ek hoop julle voel ook so excited soos ek.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op RWR.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here