Elandré is die eerste kunstenaars wat vanaand optree as deel van die KKNK Mothership Sessions. Die KKNK Mother Sessions is ‘n unieke aanlyn musiekreeks wat deur KykNet aangebied word. Indien jy nie geweet het nie: Elandré is ‘n boorling van Despatch in die Oos-Kaap en het Suid Afrika se harte gesteel met sy debuutalbum Kleindorp-Dromer en sy kenmerkende diep stem.
Ek het met Elandré gesels oor sy vertoning en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het
1. Wat kan fans van jou KKNK Mothership Session verwag?
Verwag ‘n goeie tyd en ‘n paar terug-lê weergawes van my gunstelinge.
2. Wat was vir jou spesiaal aan hierdie opname?
Dit was die grootste wat my orkes nóg was. Dit was so lekker om weer saam in een kamer te wees en die energie van die musiek saam te voel. Sekere van my liedjes was nog nie vol akoesties gedoen nie, maar met die great vyf-stuk band het dit die musiek ‘n hele nuwe houding gegee.
3. Waarmee hou jy jouself gedurende lockdown besig?
Soos baie ander het ek ook die Kook en Geniet (onder andere) in gevaar en so gekook dat die skaal eintlik skrik. Ek het onlangs my eerste groentetuin begin en ek maak gereëld kos uit die tuin. Dit is ‘n rustige plek, en dit gee ‘n mens ook stilte om melodië so tussen in te komponeer.
4. Wat het lockdown you geleer?
Lockdown het my geleer dat ons baie van self sprekend neem, en dat ons die klein dinge moet vier. Die lockdown het my ook ‘n les of twee gegee oor verantwoordelikheid en geduld.
5. Wat mis jy die meeste in hierdie tyd?
Ek verlang af en toe na die strand… en natuurlik; die verhoog.
6. Wat inspireer jou tans?
Ek word tans geïnspireer die gevoel van vernuwing onder ons afrikaanse jongelinge en die initiatief waarmee soveel mense nou die pad vôrentoe aandurf. Dit spoor my aan.
Ek will vir Elandré bedank vir hierdie onderhoud en ek wens hom als van die beste toe met sy vertoning vanaand en sy toekomstige musikale avonture.
Meer inligting oor die KKNK Mothership Sessions
Die reeks begin vandag (die 30ste Julie) en eindig op Donderdag die 24ste September 2020. Musiekliefhebbers kan hierdie vertonings in die gemak en veiligheid van hulle huise geniet. Hierdie aanlyn reeks bevat optredes deur van ons land se voorste musikante en vermaaksterre, soos hulle nog nie sedert die nasionale inperking gesien is nie. Die Mothership Sessions-optredes word in Karen Zoid se studio opgeneem.
Kaartjies vir die shows wat deel is van die KKNK Motherships Sessions kos R150 en is beskikbaar via Webtickets.
Elandré is nie die enigste kunstenaar wat op gaan tree as deel van die reeks nie. Musiekliefhebbers kan uitsien na optredes deur Emo Adams (op 6 Augustus 2020), Karen Zoid (10 Augustus 2020), Watershed (20 Augustus 2020), Jan Blohm (27 Augustus 2020), Elvis Blue (3 September 2020), Anna Davel (10 September 2020), Roan Ash (17 September 2020) en Eet Kreef (24 September 2020) as deel van die KKNK Mothership Sessions.
Die Music kategorie word gereeld opgedateer op Running Wolf’s Rant. Maak seker dat jy gereeld terugkom vir updates.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.