Home Opinion Fokof Bar: Pasop Vir Nostalgie

Fokof Bar: Pasop Vir Nostalgie

368
0

Dis maklik om ‘n plek op te hype aan die begin. Dis hoekom ek besluit het om ‘n rukkie te wag voordat ek iets kwyt raak. Dis maklik om te gaan ‘Ja, die plek gaan great wees.. dit gaan werk en dit gaan ‘n sukses wees…’ Veral as dit kom by ‘n plek soos Fokof Bar en die mense agter dit.

Ek meen, jy sit met ‘n wenspan. Tussen mense soos Robert en Tanje, Fokofpolisiekar en mense soos Louise Crouse kan jy nie verkeerd gaan nie.

Fokof Bar
  • Save

Vandat ek gehoor het Fokof Bar gaan oop maak hier in my valley, was ek opgewonde… ‘Finally, ‘n plek waar ek kan kuier, tussen mense wat ek ken en verstaan, en wat MY ken en verstaan.’ Dis wat ek gehoop het.

Maar hoe verwagtinge lei gewoonlik na groot teleurstelling en met baie bars in my verlede was dit so… GREAT konsep… Die uitvoering… not so much. Ek het gehoop dat Fokof Bar anders sou wees.

Maar wat sou dit anders maak?

Ek sou maar moes wag en sien… Toe ons die eerste keer ‘n paar weke gelede, met die soft launch, daai trappe op loop was ek
sommer al klaar trots. Van die straat af kon ek al voel dat ek nog baie hier sou kom kuier, of opeindig.

Toe ek sien hoe die plek binne lyk was ek meer as… tevrede… en op meer as een manier. En toe ek die fotos op die muur sien, toe val iets wat my Pa vir my gese het my by…. ‘Kobus… Pasop vir nostalgie… dis nie gesond om in die verlede te leef nie’.

Fokof Bar
  • Save

Nou op hierdie muur is fotos van mense saam met wie ek getoer en shows gedoen het, stages wat ek ge-manage het en so baie geskiedenis, dat dit nogals oorweldigend was vir ‘n oomblik.

Na dit het ek besef wat my pa bedoel het… Dat daar ‘n groot verskil is tussen goeie herinneringe hou by jou en in die verlede leef. Nostalgie is heimwee en heimwee is gevaarlik want ons is nie meer die mense in daai fotos nie.

Fokof Bar Fotos Teen Die Muur
  • Save

Maar ons is ook nie, nie meer die mense in daai fotos nie.
Ons is… ouer, wyser en beter. So dis wat Fokof Bar vir my great. Dis ‘n plek waarin ek kan sien hoe die mense wat ek ken deur die jare gegroei het.  Dis ‘n plek waar baie jong mense kan leer van groei. Dis ‘n plek waar jy lekker kan eet en drink, vir goedkoop, as dit al is wat jy wil doen.

Maar doen my ‘n guns…

As jy weer daar instap, gaan kyk na daai fotos, aandagtig, en dan as jy weer die kans kry, kyk na die mense wat Francois, Wynand, Snake, Johnny, Louise en Die Gevaar en almal in en om Fokof Bar en die Fokof Bende vandag is, en dan, as jy mooi kyk, kan jy en sien wat werklike groei is.

En kyk dan na jouself en as jy besluit jy wil nie in die verlede leef nie, gaan sit by die bar, drink ‘n Fokof Lager en dink aan hoe dit dalk tyd is vir jou om te groei. Ek het….

Sien julle by die bar.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Opinion kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to know who our friends are? Click here

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

Click here to listen to Matt Haddon's Corporate Punks Podcast

Loading...

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here