Fokof Lager is defnitief meer as net ‘n premium bier

0
21
views

Fokof Lager, wat besit word deur Suid-Afrika se voorste rock groep, Fokofpolisiekar, het homself gevestig as meer as net ‘n premium lager. Hul gereelde prettige aansporings-veldtogtehou die aanhangers dors vir nog, maar Fokof Lager gee terug deur ander kunstenaars te ondersteun, asook die plekke wat die bier op kraan bedien.

Fokof Lager het ‘n nasionale kompetisie aan die gang waar ‘n deelnemende kroeg, klub of restaurant ‘n GRATIS Fokofpolisiekar vertoning kan wen vir sy klante. Die plek wat die meeste groei in Fokof Lager verkope toon oor die tydperk vanaf Mei tot Julie, sal as die wenner gekies word.

Hier is ‘n lys van deelnemende plekke in die Fokof Live Uitdaging:

Die wenner sal in Augustus 2018 bekend gemaak word. Aanhangers word aangemoedig om hul vriende te kry om saam hul plaaslike kuierplek te ondersteun en so vir Fokofpolisiekar te kry om verniet te kom optree.

Fokof Lager is ‘n handelsmerk gestig deur kunstenaars  en hulle ondersteun graag ander kunstenaars. Hulle het ‘n reeks van samewerkings met kunstenaars van stapel gestuur waarna hulle grappendewys verwys na as “Bemarkdit as Kuns”. Hulle poog om kunstige intrepretasies van Fokof Lager te ontvang en om só hul handelsmerk deur ander kreatiewe oë te ervaar. Check die eerste stuk in hierdie reeks deur Duran Levinson hier onder:

Krediete: Regie en verfilm deur Duran Levinson. Vervaardig deur Jaco S. Venter & Sonja Myburgh Ellis. Geredigeer deur Matthew James & Duran. MUA deur Clanelle Burger. Klank deur Fokofpolisiekar met Michelle Allen, Marie Cavanna, Hana Jayne Sho, Ella Tiran. Toerusting is verskaf deur Photo Hire (Pieter Badenhorst).

Fokof Lager word hierdie jaar weer verteenwoordig by die sesde Capital Craft Bierfees by Pretoria se Nasionale Botaniese Tuine op die 16 Junie. Verlede jaar het die premium bier met Jack Parow en sy karate water, Parow Brandy, saamgespan om die beperkte weergawe, Cape Cobra brandy stout voor te sit. Hierdie jaar bring hulle hulde aan punk deur die “Snakehead” aan te bied. Die naam verwys ook na een van die bier se stigterslede en Fokofpolisiekar se tromspeler, Jaco Snakehead Venter.

Die “Snakehead” is Fokof Lager se intrepretasie van die Britse drankie, Snakebite and black.  Verbeel jou ‘n yskoue Fokof Lager gemeng met ‘n helder appelwyn (cider) en ‘n goeie skoot swartbessie-stroop… mmm. Skryf in vir ons Capital Craft kompetisie hier (as jy wil gaan).

Fokof Lager Skakels:

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die General News kategorie op Running Wolf’s Rant.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here