Home Entertainment Music Fokof Sweet 16 Kompetisie: Staan ‘n kans om ‘n dubbelkaartjie te wen

Fokof Sweet 16 Kompetisie: Staan ‘n kans om ‘n dubbelkaartjie te wen

195
16

Jy het ‘n kans om dubbelkaartjie te wen in ons Fokof Sweet 16 Kompetisie! Die bende gaan kom Pretoria toe op die 13de Julie 2019 en dit gaan ‘n vet jol wees…

In geval jy nie geweet het nie, Fokofpolisiekar vier hulle 16de verjaardag in Pretoria by Loftus Versfeld se D veld op die 13de Julie 2019. Hellcats & Fuzigish gaan ook daai dag speel.

Fokofpolisiekar Sweet 16
  • Save

Fokofpolisiekar se set gaan 2 ure lank wees. Daar gaan ou classics gespeel word, gunstelinge en dan ook ‘n paar van die meer obskure songs wat die bende se persoonlike favourites is en wat hulle jare laas live gespeel het.

Die hekke maak 11 uur die oggend oop. Hellcats speel 1 uur, Fuzigish speel 2 uur en Fokofpolisiekar gaan 3 uur begin speel. Die after party begin 7 uur die aand by Fokof Bar.

Jy kan kaartjies koop by hierdie skakel of by Fokof Bar in Pretoria. Early Bird en Fase 1 kaartjies is alreeds uitverkoop. Kaartjies kos nou R195. Koop jou kaartjies voor hulle uitverkoop of try jou luck in ons Fokof Sweet 16 Kompetisie…

Fokofpolisiekar
  • Save

Ons gee ‘n dubbel kaartjie weg in ons Fokof Sweet 16 Kompetisie!

Los kommentaar onder aan die artikel en vertel ons vir wie (of wat) jy die graagste “Fokof” wil sê. Let wel dat die gene wat kreatief raak brownie points score in ons boekies.

Let wel dat hierdie kompetisie nie oop is vir onder 18 jariges nie. Die Fokof Sweet 16 Kompetisie sluit middernag op die 3de Julie 2019. Die wenner sal beskikbaar gestel word in die komentaar afdeling hier onder op die 4de Julie 2019.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to know who our friends are? Click here

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

Click here to listen to Matt Haddon's Corporate Punks Podcast

16 COMMENTS

  1. Dis die rock and roll sounds wat jy van ver af hoor. Die gejuig en excitement van die gehoor. ‘n Moerse crowd gepak op een plek, paar ouens met girls op hul nek.

    Dis Frannie wat op die stage verskyn, dis die tannie in die hoek met haar glasie wyn.

    Dis Wynand met sy lang straight hare, Hunter met sy vingers teen die snare.
    Dis daai eerste song wat almal ken, dis Johnny se face wat harte wen.

    Dis Snake at the back, always on track.
    Dis diep siele reg oor die vloer, die bouncer langs die stage wat ‘n ou wil moer.
    Dis ‘n intense vibe binne jou hart, paar gesigte lyk effe verward.

    Dis Fokofpolisiekar voor my op stage, dis tieners om my met eyes with rage.
    Dis Hemel op die platteland en Antibiotika daarna, die girl agter die bar wat te veel vrae vra.

    Dis ek wat bly is ek het my vriende gebring.
    Dis oë wat toe gaan wanneer jy saam wil sing.

    Dis lirieke saamgesit uit ‘n deep soul se hart, Hunter Kennedy die champ in die swart.
    Dis daai gevoel van verstaan wat jy sing, die lewe het ons almal tot daar gebring.

    Dis diep, dis mooi, dis rock ‘n roll. Dis my favourite band, my hart is vol ❤ MF ✍

    Ek wil die graagste Fokof sê vir die judgmental fokkers daar buite. Vir daai wat nie diepte het nie. Vir daai wat ‘n oppervlakkige leefstyl leef. Vir daai wat mense soos ek judge wat te veel van Fokofpolisiekar hou! FOKOF JULLE ALMAL

  2. Fokof almal wat misluk, suur en net sommer vertraag is. Die lewe kort. So smile, wees vriendelik, lag vir grappe en geniet die lewe! YOLO

  3. Lekker Henno!

    Ek woon al sedert 2017 elke Fokof show in Gauteng by, die show gaan nommer 19 in n ry wees. Steeds n groot fan van die blog, maar ek wen nooit nie (cry emoji).

    Anyway, ek wil fokof sê vir die volgende mense:
    – Die mense wat sê Fokofpolisiekar is al te oud en het hulle is edge verloor. Hulle nuwe material is nog net so hard soos al die ou tunes,
    – Al die poppies wat “Toe Vind Ek Jou” hulle anthem gemaak het en my uit kak as a ek wil mosh by Fokof shows,
    – Mense wat reken “band X” is die nuwe Fokofpolisiekar, daar’s net een Fokof… so fokof!

    Sien uit om jou fotos van die gig te sien!

  4. Vir die mense by my werk se Fokkof julle almal wat my elke oggend in die kantoor irriteer! My werk is actually by die Polisie HAHAHAHA!

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here