Fokofpolisiekar: Droom Hoog, Fokof Lager Bokse en Fotografie Uitstalling

0
275
views
  • 11
    Shares

Fokofpolisiekar se nuwe 5-snit kortspeler, Droom Hoog, bied alles wat jy verwag van hulle musiek, maar dit sal hulle ondersteuners lekker verras. Dit is vars en verweef met liriese- en musikale verwysings na hul eie musiek en ander musikale invloede.

Na 11 jaar sonder min nuwe musiek, het Fokofpolisiekar 2017 met die hoogste noot afgesluit toe hulle hul bekroonde derde vollengte album, Selfmedikasie, vrygestel het.  Niemand (insluitend die groep) het verwag om so vinnig weer nuwe musiek te hoor nie, maar in ware Fokofpolisiekar-styl hou hulle daarvan om dinge anders te doen en soms verras hulle ook hulself.

Fokofpolisiekar deur Henry Engelbrecht
Foto deur Henry Engelbrecht

Wynand Myburg het die volgende te sê gehad oor Doom Hoog…

“Voor Selfmedikasie het ons as Fokof vir ‘n baie lang tyd nie saamgeskryf nie. Om te begin met nuwe musiek was ‘n reuse uitdaging, maar toe ons eers in ons ou/nuwe vloei kom, het die musiek ook maklik gekom.  Ek dink die kreatiewe proses, the uitstekende terugvoering oor die nuwe musiek en die mal skarefinansieringsveldtog het ons opgewonde gemaak om nog musiek te maak.  Ons het Sunset Studios toe gegaan in Augustus en DROOM HOOG gaan opneem. Dit het alles baie vinnig gebeur en ons het aangehou om mekaar en die proses te vertrou.  Ons is trots op die nuwe liedjies en ek hoop dat mense dit net soveel soos ons sal geniet.”

Fokofpolisiekar - Droom Hoog

Die eerste vrystelling van Droom Hoog is ‘n beperkte uitgawe CD wat slegs te kry sal wees in die 2018 uitgawe van die Fokof Lager bokse. Die kortspeler sal vanaf 1 November beskikbaar wees op alle digitale platforms. Ek weet nie van julle nie, maar ek is excited om te hoor hoe klink dit.

READ:  Die Van Coke Show: Vol ou en nuwe Afrikaanse treffers

Nuwe Fokof Lager bokse NOU aanlyn beskikbaar by Yuppiechef

Die CD weergawe van Droom Hoog is slegs te kry in die 2018 Fokof Lager bokse. Daar is slegs 3000 bokse!

Pandemonium het geheers toe Fokofpolisiekar vir die eerste keer hul beperkte uitgawe Fokof Lager geskenkbokse, gepak met die Selfmedikasie CD en twee sespakke van hul premium lager, bekend gestel het in 2017. Getroue ondersteuners kon nie hul hande gou genoeg op hierdie bokse kry nie. Hulle het fokken vinnig uitverkoop.

Fokof Lager Boxes

Die aanvraag vir die Fokof Lager geskenkbokse was so groot dat die 2018 uitgawe met nuwe musiek van Fokofpolisiekar absoluut net weer moes gebeur.  Die CD weergawe van die nuwe kortspeler, Droom Hoog gaan alleenlik te kry wees in die beperkte uitgawe bokse. Hierdie is noodsaaklik vir enige ernstige Fokofpolisiekar ondersteuner se versameling. Behalwe dit gaan dit ook beskikbaar wees op al die digitale platforms.

Die 2018 uitgawe van die Fokof Lager bokse is NOU aanlyn beskikbaar by Yuppiechef en sal teen 26 Oktober uitrol na geselekteerde handelaars. Hou ‘n ogie op die Fokof Lager website om in die loop te bly oor waar dit beskikbaar gaan raak. Hou ook ‘n ogie op Fokof Lager se social media vir kompetisies. Ek is dors. Kan iemand dalk vir my so boks pos vir Kersfees?

READ:  Grassy Spark: Back with sweet new single and video for “The Candy”

Droom Hoog fotografie uitstalling in Kaapstad en by Fokof Bar

Die Droom Hoog fotografie uitstalling is ‘n reeks van 22 fotos. Liam Lynch en Jaco “Snakehead” Venter het die fotos geneem. Fokofpolisiekar se opname van Droom Hoog, hulle toer na Europa en hulle lewe op die pad (en by die huis) is gedokumenteer.

Hierdie uitstalling is tans aan die gang by Redemption Burgers and Bar in Langstraat in Kaapstad. Dit sal later skuif na Fokof Bar in Pretoria. Die openingsdatum vir Pretoria se uitstallings sal binnekort bekend gemaak word. Ek weet nie van julle nie, maar eks excited om hierdie te sien.

Kyk Fokofpolisiekar live by een van hierdie venues in Oktober 2018:

  • 26 Okotober 2018 – Rafters Pub, Pretoria-Oos – Kry kaartjies HIER.
  • 27 Okotober 2018 – Rumours Rock City, Johannesburg – Kry kaartjies HIER.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op RWR.

 


  • 11
    Shares

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here