Wen kaartjies vir Fokofpolisiekar se show by Platteland!

13
225
views

Fokofpolisiekar gaan binnekort op toer en een van die venues waar hulle gaan speel in Julie maand is Platteland (‘n nuwe venue wat oopgemaak het in Eco Park, Centurion).

Die bende het onlangs die SAMA toekenning vir Beste Rock Album gewen vir hulle nuutste album, Selfmedikasie (wat in 2017 uitgereik is) en maak hulle nou gereed om rock liefhebbers in Nelspruit, Bela-Bela, Krugersdorp, Johannesburg, Centurion en Limpopo se breine en musiek-liefhebbende oortjies weg te blaas met lewendige optredes van top gehalte.

Fokofpolisiekar
  • Save

Soos baie van julle wat hierdie artikel lees, luister ek al na Fokofpolisiekar vir omtrent 15 jaar en eks moerse opgewonde vir hierdie toer (wat belowe om een van legendariese toere te wees).

Ek kan nie wag om kliphard saam te sing en my shit te verloor op liedjies soos “Hemel op die platteland”, “Ek Skyn Heilig”, “Maak Of Braak”, “Vernietig Jouself”, “Fokken Lief Vir Jou (FLVJ)” en ‘n hele string ander treffers nie.

READ:  Album Review: Backcapwoods - "As a Matter of Matter"

As jy ook so opgewonde is soos ek oor hierdie toer en jy bly in Gauteng, doen jouself ‘n guns en skryf in vir ons kompetisie!

Hier is die Fokofpolisiekar kompetisie besonderhede:

Running Wolf’s Rant gee ‘n dubbel kaartjie weg vir Fokofpolisiekar se show by Platteland in Eco Park, Centurion (op die 7de Julie 2018). Al wat jy moet doen om in te skryf is om kommentaar hier onder te los en jou liefde vir hierdie epic Afrikaanse rock band beskryf.

Fokofpolisiekar by Platteland
  • Save

Die persoon wat ons dink die liefste vir die band is, sal as die wenner van die kaartjies aangekondig word (in die kommentaar afdeling hier onder). Die kompetisie is nie oop vir onder 18 jariges nie en sluit op Sondag, die 1ste Julie 2018 om middernag. Die wenner sal genotiveer word op die oggend van Maandag, die 2de Julie 2018.

Klik hier om meer inligting oor die optrede te kry of klik hier om meer inligting oor Platteland te kry. As jy nie wil inskryf vir die kompetisie nie, koop jou kaartjies hier.

READ:  Lady Zamar set to turn up the heat at Emperors Palace

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

13 COMMENTS

  1. Ek het FPK snaaks genoeg ontdek in die ou dae in Hatfield toe hulle nog gegig het in plekke soos die ou Tings. Eers was ek onseker toe ek die posters sien met hierdie verskriklike naam, maar ek was pleasantly surprised toe ek die eerste keer per ongeluk ‘n gig raakdrink! Instant fan…. Ek is van toe af nogal ‘n groot aanhanger van al die projects waar FVC betrokke was en ja, Dis Hemel op die PLATTELAND! Mooi dag!

  2. Meisies ervaar almal een of ander tyd hulle Eerste groot liefde. Ek’t myne ontmoet toe ek ‘tevrede’ vir die Eerste keer op MK89 geluister het. Ek was nog nooit dieselfde Na daai dag nie. Fokof was my Eerste liefde en sal altyd my grootste liefde Bly. Meer as net ‘n band, meer as net musiek. ‘n Revolusie en die vuur wat in my binneste brand.

  3. Ek luister al vir FPK van die dae af wat hulle hoofnuus in koerante was en orals waar hulle ge-gig het kak gemaak het. Volgens my het FPK Afrikaanse musiek terug gesit op die map, sonder hulle sou ons net met Kurt Darren gesit het, want gaan ander band sou geweet het watse cool musiek mens in Afrikaans kan skryf nie, want die goeie voorbeeld wat FPK gestel het sou verlore gewees het.

  4. My eie woorde met al hulle songs se name
    In n TINY TOWN onder n MORNINGSTAR BELVIVILLE is daar vyfrockers wat GLO IN DIE SON wat gaan PRIOTISEER teen die system , mense sal hulle sien as n stem vir die jeug , as n uitweg , om ons die guts te kan gee om te se wat ons voel en wat ons dink en nie meer SKYNHEILIG als te glo en doen wat almal ons voorse om te doen nie, om bietjie DAGDRONK te raak , om vir jou vriende te se BEL VIR MIDDELVINGER en VERNIETIG JOUSELF , Ek VERKLAAR dat ons almal soms n tiepe ANGS AANVAL kry , of dat die lewe vir ons voel soos n WINTERSDAG BY DIE SEE in plaas van HEMEL OP DIE PLATELAND , die gevoel wat ons het om net te skree BRAND SUID AFRIKA , die ANTIBIOTIKA wat nie altyd werk soos wat dit moet nie , en net n ILUSIE VAN VEILIGHEID binne jou skep , die gevoel dat jy nooit niemand sal TEVREDE stel nie , Die SIELSWART GAT binne jou, en jy wat wil he , en vir mense vra BID VIR MY , bid vir jouself en jou TONNEL VISIE van die lewe, want sodra ons die vra vra, al wat hulle doen is ONKEN ALTYD ALLES , die GROOTSTE GAPING , wat tussen mense kan kom is wanneer vertroue gebreuk word, en ons almal was al n slagoffer van dit, Terwyl jy jonk is en PARANOIA nog by jou spook en jy jouself probeer vind op die bank of op die gras LEEGLE DROME DROOM , word jy veroordeel as n HEIDEN/HEILAND ,TUSSEN DIE KRAKE van jou TIENERAKSIE EINDE, moet jy maar net SELFMEDIKASIE gebruik of jy nou MAAK OF BRAAK of dalk net n MONOLOOG IN STEREO het , jy is jonk en jou brein is vars en jy is OOP VIR MISINTREPETASIE , jy vra omverskoning vir almal wie jy teleurgestel het , jy noem dit “MY LYS VAN VERSKONINGS” , jy sit en wonder en dink wat om jou aangaan jy luister na jou gunsteling bands , jou ouers wil jou oortuig dit is DIE LIED VAN DIE SLANG, jy raak nostalgies en verloor jouself af en toe in die musiek dit is soos n SEKSUEULE REVOLUSIE , jou eie SWANESANG , jou VASBESLOTE KOPERASIE , jy bevind jou in DÉJÀ VU , want dit is VIRALTYD 7 NOVEMBER , en ek DINK AAN JOU AS DIT REEN , die musiek dra my weg na n beter plek , die musiek maak my oe en kop weer oop DIT IS IN MY BLOED BABY , ons almal is een of ander tyd alleen en AF GESONDER , of jy nou in die gemak van jou eie huis is of net op n PARKIEBANK is in die maand wat hule noem herfs , maar onthou jy is altyd gewaarsku AS JY MET VUUR SPEEL SAL JY BRAND , maar EK IS COOL ek kan BACKSTAGE (AS DAAR EEN IS ) in sneak , en vir die mense wat hierdie lewe probeer regiseur vra , WAT IS HIERDIE LIEDTJIE SE NAAM , want asb EK BELOWE JOU BELOWE MY ek is FOKIN LIEF VIR JOU , ek is fokin lief vir FOKOFPOLISIEKAR , al is daar 20 SELFOONTORINGS VAN BABEL , sal ek vir almal wat nog nie julle musiek geluister het nie se, KOMMA KOM DANS SAAM , todat die TYGERBERG VLIEGTUIG val

  5. Ek was van Fokof se eerste album ‘n fan. Meer as net ‘n fan. Ek was op ‘n plek in my lewe waar ek so onseker, depressief was. Alleen. En ewe skielik lpm hierdie jong latte en skryf en sing oor alles wat voorheen Taboo was. Ewe skielik voel ek nie soos die uitsondering nie. Ewe skielik is dit nie net èk wat die vrae vra of wonder nie. Ewe skielik is ek nie alleen nie.

    Fokof se musiek het my al deur baie moeilike tye in my lewe deurgetrek. Skree in die traffic saam die radio as ek ‘n tos dag gehad het. Kry dit uit. Dit maak my altyd beter voel want ek kan relate. (Hoe toevalig op Selfmedikasie album – Harde negatiewe musiek, het my lewe gered – so van pas).

    Ek love Fokof. Ek waardeer die musiek wat hulle maak. Ek admire die Ballas wat hulle gehad het toe hulle net begin het. ‘N paar kerk tannies en oom geskok. Maar fok weet, hulle het my geleer om myself te wees en nie weg te steek as jy anders is nie.

    Hunter se skryf werk is ‘n ander topic op sy eie maar goeie aarde (ek wil sê fok) om hylle live te sien is net goddeloos. Dis befok verby. Die energie, die show, die jam, Frannie wat aan rail rond hang en mics rond swaai…die hele fricken show – dis so ‘n ervaring, soos ‘n drug…wil net nog en nog en nog sien…

    Gee my my drug asb…gee my Fokofpolisiekar kaartjies…asb man… fok alleen weet…ek het dit nou so nodig!

  6. Fok die moerse paragrawe, fok die “my bra verjaar daai dag” en fok gatkruip. Ek het al die liefde vir Fokof. Al die liefde. As ek nie wen nie, rook ek cheap gwaais en ry op fumes vir ‘n week of so. Ek’s daar om my liefde uit te mosh op hulle, met of sonder ‘n bier in my hand. Free tickets sal net hierdie duiwelse Vrydag in ‘n shap Vrydag in verander.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here