Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
  • What’s Coming to Netflix in July 2026?
  • Ancient Egypt: 20 Interesting Facts You Might Not Know
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Fokofpolisiekar reik “Selfmedikasie” uit aan Crowdfunders

Fokofpolisiekar reik “Selfmedikasie” uit aan Crowdfunders

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 5, 2017No Comments4 Mins Read Music News 46 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Fokofpolisiekar is besig om hulself reg te trek vir een van die opwindendste en opregste musiekvrystellings van 2017. Die offisiële vrystellings datum van hul eerste vol lengte album in 11 jaar, “Selfmedikasie”, is Dinsdag, 3 Oktober. Die digitale voorafverkope van hierdie album skop af op 12 September, maar Fokofpolisiekar se mees entoesiastiese ondersteuners het vandag die album gekry.

Fokofpolisiekar reik "Selfmedikasie" uit aan Crowdfunders 5

Fokofpolisiekar se ongelooflike lojale aanhangers was so opgewonde oor die vooruitsig van hierdie album dat die groep oor die R1 miljoen ingesamel het om die album se produksie en die veldtog se addisionele kostes te dek.

In die huidige moeilike ekonomiesetye is dit ‘n testament van wat moontlik is wanneer ‘n musiekgroep getrou bly aan hulself en ‘n lojale gevolg gebou het. Gedurende die skare finansierings veldtog het Fokofpolisiekar hul aanhangers se ondersteuning beloon met gratis vertonings in Kaapstad en Johannesburg toe hul doelwitte een-vir-een bereik is.

Die groep vat dit nou een stap verder deur “Selfmedikasieaan” vir almal te gee wat die skare finansierings veldtog ondersteun het en dit ‘n maand voor die album se offisiële vrystelling.

Vanuit die 1531 beloftes wat ontvang is vir Fokofpolisiekar se goedere tydens die veldtog, was 1281 vanaf unieke ondersteuners en 545 mense het geld belowe om ‘n digitale kopie van die album op 5 September te ontvang.

NetfloristOfferforge

“Die intreevlak van die #fokofcrowdfunding was ‘n digitale kopie van die album teen R80 met die voordeeldat die album ‘n maand voor sy vrystelling afgelaai kan word. Dit het egter nie reggevoel om nie die album te gee aan mense wat beloftes gemaak het vir die plaat, CD en ander aanbiedinge soos ‘n akoestiese vertoning nie. In realiteit sou hulle dan eers die nuwe musiek ‘n paar weke kry nadat die digitale kopie beskikbaar gemaak is, en dit sou nie lekker wees vir dié mense nie. Ons wil hê dat almal wat die maak van hierdie album ondersteun het, “Selfmedikasie” op dieselfde tyd geniet, maak nie saak of hulle R80 of R10,000 spandeer het nie,” sê Wynand Myburgh.

Francois van Coke voeg by dat “ons het opgeëindig om drie ekstra liedjies te skryf en op te neem. Mense het die maak van ‘n 10-snit album ondersteun, maar ons het so geïnspireer gevoel deur al die ondersteuning met die skare finansierings veldtog dat ons nog drie geskryf het en ons het die begroting gehad om hulle op te neem. So die veldtog se ondersteuners kry ‘n 13-snit album!”

Fokofpolisiekar reik "Selfmedikasie" uit aan Crowdfunders 6

“Selfmedikasie” se albumomslag is ‘n Ouroboros. Hunter Kennedy, die groep se liriekskrywer, kitaarspeler en agtergrond sanger, verduidelik dat dit “die ewige siklus van self-vernietiging en hergeboorte” verteenwoordig. Dit gaan ook vir my oor verantwoordelikheid neem vir jou eie lot. Die album se lirieke is baie persoonlik van aard en die proses om dit te skryf was ‘n vorm van self-medikasie vir my en ek glo ook vir die ander manne.”

Ek het vroëer vanaand na die album deur geluister en ek dink dis legit. Vat een stywe dosis punk rock, meng dit met ‘n goeie paar lekker acoustic tracks en clever lirieke, en jy kry “Selfmedikasie”. Wel gedaan ouens. Hierdie album is absoluut befok en ek voorspel dat ek dit ‘n hele paar keer op repeat gaan luister en dat ek nooit gatvol vir dit gaan raak nie.

Die album se bekendstellingstoer gebeur in Oktober. Ondersteuners word aangeraai om van die voor-verkope opsie gebruik te maak (waar dit beskikbaar is), aangesien hierdie toer die potensiaal het om baie vining uit te verkoop.

  • 7 Oktober 2017 – Rocking the Daisies, Darling, Wes Kaap
  • 12 Oktober 2017 – Mystic Boer, Potchefstroom, Noord Wes
  • 13 Oktober 2017 – Mystic Boer, Bloemfontein, Vrystaat
  • 14 Oktober 2017 – Good Luck Bar, Johannesburg, Gauteng
  • 15 Oktober 2017 – Atterbury Theater, Pretoria, Gauteng
  • 27 Oktober 2017 – The Jock Pub & Grill, Nelspruit, Mpumalanga
  • 28 Okotober 2017 – Arcade Empire Halloween Party, Pretoria, Gauteng
  • 29 Oktober 2017 – Dozi’s Back to the Roots, Hartbeespoort, Noord Wes

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

 

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke at Oppikoppi
    Francois Van Coke gee ‘n huldeblyk aan Fokofpolisiekar
  • Fokofpolisiekar
    Fokofpolisiekar reik “Dans deur die donker” album uit
  • Fokofpolisiekar - Foto Deur Michael Ellis
    Fokofpolisiekar reik “Die goeie ou dae” Musiekvideo uit
  • Fokofpolisiekar - The Sound Of Fokof Unplugged
    Fokofpolisiekar reik “The Sound Of Fokof Unplugged” album uit

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Cape Town Fokofpolisiekar Punk Rock Rock Selfmedikasie South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 7
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026
    June 5, 2026
  • Oskido's Big Day Out 2026
    Oskido’s Big Day 2026: Twice The Music & Energy
    June 28, 2026
  • Muse Band
    Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
    July 10, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release "Angel" Video 8
    Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
    July 9, 2026
Popular Articles
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202634 Views
VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 9

VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

July 6, 202630 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Khazimula Finds Hope with New Single: “‘On a Dream”

July 3, 202630 Views
Muse Band

Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”

July 1, 202629 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,366 ▼
Music 2,591
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 88
Humor 48
Movies 33
Television 25
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.