Fokofpolisiekar Super Sick Seventeenth: Als Wat Jy Moet Weet

Fokofpolisiekar se Super Sick Seventeenth Livestream Show gebeur op die 11de Julie 2020. Dit gaan een vir die boeke wees en moet nie misgeloop word nie! Fans van die band kan uitsien na ‘n 2-uur lange livestream vertoning om Die Bende se sewentiende verjaarsdag te vier.

Verlede jaar het Fokofpolisiekar hul sestiende verjaarsdagpartytjie op Loftus se D-veld gevier. Dit was ‘n hoogtepunt van hul loopbaan toe 4000 mense opgedaag het om saam met die groep fees te vier. Ek was daar en dit was absoluut befok gewees. Hierdie tipe sukses het Fokofpolisiekar aangevuur om weer ‘n verjaarsdag partytjie te beplan; sommer vir die Kaap ook! Maar COVID-19 het ander planne gehad en alles het oornag verander.

“Dis ‘n skok vir die sisteem en ons moes vining aan idees dink om die pot aan die kook te hou. Mense van regoor die wêreld het ons gevra om ‘n livestream show te oorweeg. Daar is nie ‘n beter tyd as nou nie en ook ‘n beter rede as ‘n verjaarsdagpartytjie nie!” vertel Wynand Myburgh.

Meer inligting oor die Fokofpolisiekar Super Sick Seventeeth Livestream Show

Hierdie monster van ‘n 2-uur lange vertoning sal gepak wees met liedjies wat die groep opgeneem het tydens hul bestaan van sewentien jaar. Hulle sal hul ou classics speel, hul fans se gunsteling liedjies en hulle sal ook ‘n paar ouer liedjies afstof.

Die show word geborg deur Jagermeister en gebeur op die 11de Julie 2020. Die show begin 8 uur die aand. Kaartjies kos R165 en is beskikbaar via iTickets.

Fokofpolisiekar - Super Sick Seventeenth - 11 Julie 2020

“Ons is besig om aan nuwe tracks te werk, so ons mag dalk ‘n nuwe een by die set inwerk.” vertel Johnny De Ridder. Jaco Snakehead Venter voeg by: “Hierdie is die een Fokof show wat jy nie gaan wil mis nie! As jy ons al ooit live gesien het, of ons lanklaas sien speel het end it mis, of al is jy ‘n regular by ons shows of al bly jy buite Suid-Afrika, hierdie is die livestream show vir jou. Tune in van waar jy ookal in die wêreld is om saam met ons te celebrate.”

Fokof Sweet 16 - Henry Engelbrecht
Foto deur Henry Engelbrecht

Daar is ’n opsie om ‘n kis Fokof Lager te saam te bestel wanneer die kaartjie op iTickets gekoop word. Die kis word dan by jou deur afgelaai. ‘n Fokof Lager in die hand is die gepaste manier om hierdie livestream te beleef. Let wel: Indien jy na 1 Julie Fokof Lager bestel saam met die kaartjie se aankoop, mag dit dalk nie betyds arriveer vir die livestream show nie.

Wat om te verwag van die #supersick17th livestream:

1. ‘n Twee-uur lange Fokofpolisiekar show soos nooit tevore nie.

2. Fokofpolisiekar songs wat lanklaas live gespeel is.

3. Fokofpolisiekar fans van regoor die wêreld wat die vertoning saam kyk.

4. Daar sal Zoom kamers wees waar kykers met mekaar, asook die band interaksies kan hê.

5. Mense kan deur die verloop van die vertoning live interaksies met die band op social media en die livestream se chatbox hê.

6. ‘n Partytjie gees soos min! Die band sal alles uithaal om hierdie vertoning super spesiaal te maak.

Hoe dit werk:

1. Op die dag van die vertoning sal die kaartjiehouer ‘n e-pos ontvang met ‘n unieke skakel na die livestream konsert. Hierdie skakel bied toegang tot die livestream met die gebruik van die e-posadres wat gebruik is om die kaartjie te koop plus die bestellings-nommer.

2. Jy kan die livestream op jou Smart TV kyk met behulp van die webblaaier op die TV.

3. Indien jy ‘n toestel het soos Apple TV of Google Chromecast wat kan airplay of screen mirror, kan dit vanaf jou foon na daardie toestel gespeel word.

4. Nog ‘n opsie is om jou skootrekenaar per HDMI-kabel met jou TV te konnekteer.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

  • 17
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    18
    Shares
  •  
    18
    Shares
  • 17
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  

Henno Kruger

Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

Leave a Reply