Home Music Die Fokofpolisiekar Sweet 16 LIVE album word binnekort uitgereik

Die Fokofpolisiekar Sweet 16 LIVE album word binnekort uitgereik

121
0

Fokofpolisiekar se Sweet 16 is ‘n 16-snit “live” album wat opgeneem is tydens Die Bende se 16de verjaarsdagpartytjie op Loftus D Veld in Pretoria op 13 Julie 2019.

Ek was laas jaar by die show gewees en dit was absoluut befok. Ek gaan al na Fokofpolisiekar shows toe vir die laaste 16 jaar en daai een was definitief een vir die boeke gewees. Ek dink nie ek sal daai dag gou vergeet nie…

Sweet 16 sal vanaf Vrydag, 24 Januarie 2020 op alle digitale platforms beskikbaar wees, maar die enigste manier om die CD in jou hand te kry, is om twee Fokof Lagers by jou gunsteling (deelnemende) watergat te bestel.

Fokofpolisiekar Sweet 16
  • Save

Hou ‘n ogie op Fokof Lager se sosiale media om te sien watter plekke deelneem. En hoekom twee Fokof Lagers vir een Sweet 16 CD? Want vriende laat nie vriende alleen drink nie!

Sweet 16 is gepak met liedjies wat Fokofpolisiekar in hul eerste 16 jaar geskryf het. Dit bevat ou “classics”, al die “fans” se gunstelinge en dan ook ‘n paar van die meer obskure liedjies wat die groep se persoonlike gunstelinge is, maar wat hulle jare laas “live” gespeel het voor hul verjaardagpartytjie se afskop.

Hunter Kennedy beskryf die Sweet 16 album:

“Sweet 16 Live is ‘n versameling brokkies. Stukkies insig in die lewens van vyf losers uit Bellville. ‘n Oudio-dokumentêr, sestien jaar in, wat op 13 Julie 2019 by Loftus D Veld per toeval opgeneem is.”

“Die Spirit of Fokof het haarself geopenbaar agterin ‘n hotbox panel van in 2002. In ‘n eierboks-beplakte band practice room in ’n tandarts se spreekkamer het dit deurgebreek na hierdie vlak van bestaan. In tydelike kerk-kroeë het sy deur ore en breine gemanifesteer as lippe en lywe en trane en vuiste.”

Fokof Sweet 16 deur Henry Engelbrecht
  • Save
Foto deur Henry Engelbrecht

“Ons was daar aan die begin en het probeer, maar ons kon dit nie stop nie. Ons is in die band, maar júlle is Fokofpolisiekar. Die woorde maak eers sin as julle dit terugsing. Dankie dat ons kan doen wat ons doen. Dit het ons lewens verander vir die beter. As jy klaar is, gee hierdie CD vir iemand wat dit meer nodig het as jy.”

As jy Fokofpolisiekar wil live sien voor Maart 2020, maak seker jy kom by een van hierdie shows uit:

  • 24 Januarie 2020 – Mercury Live, Kaapstad
  • 31 Januarie 2020 – Platteland, Centurion
  • 1 Februarie 2020 – I Love Stellies Festival, Stellenbosch
  • 21 Maart 2020 – The Good Life Festival, Railways Cafe, Centurion

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here