Francois Van Coke en Vriende Livestream 2020 Aangekondig

Die Francois Van Coke en Vriende Livestream 2020 konsert gebeur in September!  Francois is opgewonde om aan te kondig dat hierdie gewilde konsert sal voortgaan, al is ons onder lockodown met ‘n ernstige verbod op publieke byeenkomste.

Die globale pandemie het hierdie jaar se Francois van Coke & Vriende gedwing tot ‘n aanlyn-konsert wat lewendig vanaf Kaapstad gestroom sal word op 18 September 2020 om 8 PM SAST. Jy kan dus inskakel vanaf enige plek in die wêreld!

Francois Van Coke & Vriende 2019

Francois verduidelik:

“Hierdie show het vir ons ‘n jaarlikse hoogtepunt geraak en ons gaan nie dat die pandemie dit stop nie. Ek raak 40 op 18 September en ek kannie aan ‘n beter manier dink om dit te vier as om ‘n stage saam met my vriende te deel en dit te doen waarvoor ek die liefste is nie.”

Sedert die Francois van Coke & Vriende konsert die eerste keer in 2018 by Sun Arena in Pretoria afgeskop het, het dit vining ‘n hoogtepunt onder Francois se ondersteuners geraak wat elke jaar uitverkoop word. Verlede jaar het net onder 10,000 mense hierdie premium geleentheid bygewoon. COVID-19 gaan nie keer dat dit hierdie jaar voortgaan nie.

Kyk Francois Van Coke & Vriende 2019 se na-fliek hier onder:

Die Francois van Coke & Vriende is nie net goeie vriende en mede-kunstenaars nie. Dit is ook almal kunstenaars saam met wie Francois al liedjies geskryf het. Dit is nou al tradisie dat hy elke jaar met saam met ‘nuwe’ vriende liedjies skryf, opneem en vrystel in die aanloop na die groot aand.

Hierdie jaar is Van Pletzen, Matthew Mole en Tarryn Lamb die ‘nuwe’ vriende. Ondersteuners kan uitsien na twee nuwe samewerkings met Van Pletzen en Matthew Mole wat binnekort vrygestel sal word.

Francois Van Coke & Vriende Livestream 2020

Hier is al die vriende wat deel is van die Francois Van Coke en Vriende  Livestream 2020:

Danie Reënwolf, Early B, FokofpolisiekarDie Heuwels Fantasties, Jack Parow, Tasché, Laudo Liebenberg, Tarryn Lamb, Van Pletzen & Matthew Mole. Kaartjies vir Francois Van Coke & Vriende Livestream 2020 kos R200 en is HIER beskikbaar op iTickets.

Sedert COVID-19 in Suid-Afrika uitgebreek het, het Francois al drie aanlyn konserte onder die knie. Sy eerste aanlyn-konsert was vanaf sy huis in Bellville tydens vlak 5 inperking regstreeks gestroom. Daarna was sy Stories agter die tunes konsert regstreeks vanaf Van Coke Studios in Kaapstad gestroom. Die derde aanlyn konsert was Fokofpolisiekar se 17de verjaardagpartytjie wat Francois & kie se grootste regstreekse webuitsending-produksie nóg was.

Francois Van Coke praat oor die aanlyn konserte

‘’Live shows is die grootste deel van enige kunstenaar se lewensbestaan, so die verbod op samekomste ‘n groot skok en het ‘n groot impak op die musiekbedryf. Ons het vining planne maak en ek is baie dankbaar vir die ondersteuning wat my aanlyn-konserte kry. Ek is ook opgewonde oor dat ons al die nuwe kennis kan vat en iets spesiaal met Francois van Coke en Vriende Livestream 2020 show kan doen.”

Wat om te verwag van Francois Van Coke en Vriende Livestream 2020:

  • Wees deel van Francois van Coke se offisiële verjaardagvieringe!
  • ‘n Regstreekste webuitsending van twee ure met ‘n vuurwarm program;
  • Mense van regoor die wêreld wat saam kyk na die aanlyn-konsert;
  • ‘n Regstreekste Zoom kamer waar mense met mekaar, asook die kunstenaars, interaksie kan hê;
  • Interaksies met die kunstenaars via sosiale media;
  • Castle Lite pryse;
  • ‘n Eksklusiewe Caste Lite Zoom kamer;
  • Die vertoning kan vir nog 48 uur na die oorspronklike konsert gekyk word.

Die konsert word aangebied in samewerking met MTN, Rockstar Television, Castle Lite. Jacaranda FM en AMP Events.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

  • 9
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    10
    Shares
  •  
    10
    Shares
  • 9
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  

Henno Kruger

Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

Leave a Reply