Francois Van Coke: Nuwe Musiekvideo en Toer Details Vrygestel

“Hey Babe” met Tasché, is die nuutste musiekvideo vanaf Francois van Coke se derde solo album, Dagdrome in suburbia. Francois het hierdie liedjie vir sy vrou, Lauren, geskryf.

Francois Van Coke praat oor sy vrou

“Ek en Lauren het opgehook in 2001. Dit was ‘n wilde, turbulent tyd. Maar sy het dit uitgestick met my. Ons het dit uitgestick met mekaar en dit het uitgewerk. Ek het nog net ‘n paar love songs geskryf, maar almal is vir haar. Thanks for being my biggest supporter and critic.” 

Francois Van Coke & Tasché Burger

Hier is ‘n uittreksel van “Hey Babe” se lirieke

“Jy’t verlief geraak in ‘n bar
hierdie bar fighter backstage kom soen
verdrink in my hel en hoogwater
gewonder hoe ons dit sou doen
verblind met die liefde
hey babe, kyk wat het ons gedoen”

Kyk die musiekvideo vir “Hey Babe” hier onder:

Francois Van Coke Toer details

Die sukses van Francois se aangrypende Storytellers konsert by die CTICC in Kaapstad einde 2019 het ‘n aanvraag geskep vir ‘n toer van hierdie aard. En hierdie keer neem Francois sy protégé, Tasché, saam.

Sluit aan by Francois van Coke vir ‘n intieme vertoning van akoestiese verwerkings van sy bekendste liedjies, vergesel met die stories oor hoe hierdie tunes lewe gekry het.

Francois en Tasché sal deur kitaarspelers, Jedd Kossew en Richard Onraet, begelei word terwyl hulle die liedjies opvoer wat Francois beroemd gemaak het in sy 17-jaar loopbaan as voorsanger van Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel en as bekroonde solo kunstenaar.

Gedurende die vertoning sal Francois sy gehoor vermaak met die agtergrond-stories van tydlose treffers soos “Toe vind ek jou”, “Komma”, “Ek skyn (heilig)” en “Tot die son uitkom”. Francois sal ook die storie van sy en Tasché se sege op The Voice SA 3 deel.

Tasché gaan nie net by Francois op die verhoog aansluit nie, maar ook van haar oorspronklike liedjies opvoer, asook van die “covers” wat haar gehelp het om die The Voice SA Seisoen 3 titel huistoe te neem. Tasché sal ook meer deel oor haar mal musikale avontuur tot op hede.

Francois praat oor die toer

‘’Die afgelope sewentien jaar was daar vele toerbusse en vliegtuie, lang ure op die pad na êrens, laat-aand parties op nog meer laat-aand parties, baie vroeë oggende, eindlose-slapelose-nagte, baie bekende en ook onbekende gesigte, ou en nuwe vriendskappe, baie liefde en baie, baie musiek wat op klomp verskillende plekke geskryf is.

Die mense wat daar was se herinneringe van die stories agter die tunes mag dalk van myne verskil. Maar wie sal ooit weet wie se weergawes korrek is.

Die details raak baie vinnig baie blurry… maar ‘dis wat ek onthou.”

Francois Van Coke - Stories agter die tunes

Francois Van Coke: Stories Agter Die Tunes Toer Details:

  • 30 April 2020 – The Barnyard Theatre, Silverstar Casino
  • 1 Mei 2020 – Loftus Park, Pretoria
  • 2 Mei 2020 – The Barnyard Theatre, Emperor’s Palace
  • 3 Mei 2020 – The Barnyard Theatre, Bellville

Kaartjies vir die Pretoria show kan HIER gekoop word. Kaartjies vir die Barnyard Theatre shows is beskikbaar op hulle webwerf.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

  • 21
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    22
    Shares
  •  
    22
    Shares
  • 21
  •  
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  

Henno Kruger

Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

Leave a Reply