Home Music ‘n Onderhoud met Francois Van Coke

‘n Onderhoud met Francois Van Coke

133
0

Francois Van Coke is een van die kunstenaars wat julle hierdie naweek kan uitcheck by Park Acoustics in Pretoria. Hierdie eendag fees vier hulle 9de verjaardag en dit gaan heel moontlik ‘n groot makietie wees.

Francois Van Coke
  • Save
Foto deur Jono

Ek het met Francois Van Coke gesels oor Park Acoustics en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het

Jy speel die naweek by Park Acoustics en Jack Parow is ook daar, wat is jou gunsteling song van die man?

“Dans Dans Dans” en “Hard Partytjie Hou!”

Kan die mense dalk verwag om julle twee saam op stage te sien vir n song of twee?

Natuurlik!

Baie geluk met jou Ghoema, jy is ook vir n SAMA genomineer vir beste alternatiewe album vir “Hierdie is die lewe”, jy kom ook te staan teen Jack, hoe voel julle twee daaroor as vriende en ook in ‘n professionele aspek?

Ons het nog nie gepraat daaroor, maar maak regtig nie saak wie kry die award nie. Ons is nie in kompetisie met mekaar nie, ek dink daar dalk ‘n bietjie gesonde kompetisie. As hy iets cool doen, wil ek ook!

Toe jy jou solo career begin het so paar jaar terug, was jy bietjie skrikirig, en waarom ? En het jy gedink dat dit so groot sukses sou wees?

Ja, ek was. Mens voel nogal bloodgestel as jou naam alleen op ‘n album cover staan. Ek was altyd deel van bands en solo het ek nogal kwesbaar gevoel. Ek het gehoop dit sal ‘n sukses wees, maar nie gedink so suksesvol asfskop soos dit het nie.

Daar ook rumours dat jy en Die Gevaar werk aan n nuwe album? Enige idee wanneer mense hom kan verwag, en is daar so bietjie inside info wat jy vir jou fans kan gee wat hulle kan verwag, sonder om te veel weg te gee?

Ek en Die Gevaar werk eerstens aan ‘n collaboration EP. Ek doen tracks saam met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, Laudo van aKING en Early B. Dit sal al in Julie uit wees. Dan werk ons ook aan ‘n nuwe album vir middel 2019.

Jy en Die gevaar het die laaste twee jaar behoorlik die land plat getoer van die grootste stede tot die kleinste dorpies, wat is jou gunsteling klein dorpie in Suid-Afrika wat jy in die laaste twee jaar besoek het?

Pretoria!

Fun vraag, wat is jou gunsteling 90’s Jam?

“Smells like teen spirit!”

Ek wil vir Francois Van Coke bedank vir hierdie onderhoud en ek wens hom als wat goed is met sy set die naweek by Park Acoustics. As jy nog nie kaartjies het nie, kry dit hier voor dit uitverkoop.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Need to kill some time? Read a random article on Running Wolf's Rant! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here