Home Entertainment Music Francois Van Coke reik “Dagdrome in Suburbia” enkelsnit uit

Francois Van Coke reik “Dagdrome in Suburbia” enkelsnit uit

151
0

Dinge warm nou lekker op vir die AMP Events rock belewenis, Francois van Coke &Vriende, wat op 18 Oktober plaasvind by Sun Arena, Time Square in Pretoria. Hierdie grootskaalse konsert dien ook as die offisiële bekendstelling van Francois se derde vollengte album, Dagdrome in Suburbia.

Om die vuur te stook na aanloop van hierdie konsert, het Francois gister die enkelsnit en die musiek video vir Dagdrome in Suburbia met Spoegwolf vrygestel. Hierdie Afrikaanse droom-samewerking gaan oor grootword in die voorstede.

Francois van Coke
  • Save
Foto deur Andre Badenhorst

Francois vertel meer oor hierdie samewerking

“Spoegwolf is ‘n groot stem in die Afrikaanse musiek industrie die afgelope paar jaar. Ek wou baie graag saam met hulle iets doen, so ek het uitgereik na Danie. Volgens hom was Spoegwolf almal Fokofpolisiekar fans, so hy was baie amped om saam te werk. Ons het ‘n deal gemaak dat as hulle feature op een van my songs, sal ek feature op een van hulle songs op hulle volgende album. So ons almal wen heel tyd!”

Dagdrome in Suburbia
  • Save

Fokofpolisiekar mede-groepslid, Jaco S. Venter, het hierdie musiek video verfilm by Liefde by die Dam, wat op 4 Augustus by Emmarentia Dam gehou is in Johannesburg.

Eks bietjie spyt dat ek hierdie gemis het Liefde By Die Dam. Ek sal nie omgee om eendag hierdie liedjie live te hoor nie.

Die enkelsnit sal vir die eerste week van sy vrystelling slegs beskikbaar wees op iTunes en Apple Music. Daarna sal dit op ander digitale platforms ook beskikbaar wees.

Francois van Coke & Vriende Staandekaartjies is uitverkoop en sitplekke raaknou min! Hierdie konsert belowe om die een van die bestes van 2019 te wees met nuwe vriende Spoegwolf, Riana Nel, The Voice SA wenner Tasché en rapper Riky Rick wat aansluit by hierdie ster-belaaide program. Spoegwolf, Tasché en Riky Rick verskyn ook op Francois se opkomende album.

Hierdie konsert is al 80% uitverkoop! Daar is niks meer staanplek-kaartjies te koop nie, maar gelukkig is daar nie ‘n slegte sitplek in die arena nie. AMP Events se  uitstekende wêreldklas produksie sal geen sitplek onaangeraak los nie. Waarvoor wag jy? Koop jou kaartjies HIER voor dit heeltemal uitverkoop!

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to know who our friends are? Click here

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

Click here to listen to Matt Haddon's Corporate Punks Podcast

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here