Home Entertainment Music Francois Van Coke stel “Dagdrome in Suburbia” album vry

Francois Van Coke stel “Dagdrome in Suburbia” album vry

54
0

Op 18 Oktober 2019 het Francois Van Coke sy derde solo album, “Dagdrome in Suburbia” vrygestel. Dit het gebeur voor ‘n uitverkoopte Sun Arena in Pretoria. 9700 was by die show gewees. Die show was sy grootste albumbekendstelling nóg. Dit bewys van wat harde werk en goeie rock musiek kan vermag!

Die “Dagdrome in Suburbia” veldtog het op 30 Augustus afgeskop. Die eerste enkelsnit en musiekvideo is saam uitgereik. Dié hoogs suksesvolle liedjie met dieselfde naam as die album, “Dagdrome in Suburbia” (met Spoegwolf) het baie opgewondenheid en afwagtig veroorsaak.

Francois Van Coke & Vriende 2019
  • Save
Foto deur Henry Engelbrecht

Met die vrystelling van die album op 18 Oktober het dit op nommer 1 op iTunes afgeskop. Die album het ook geklim tot nommer 5 op Apple Music se ranglys.

Op die dag van die album se vrystelling en Francois van Coke & Vriende (18 Oktober), het Francois die tweede enkelsnit se musiekvideo, Daarsy boys”,  ook vrygestel. Mede Fokofpolisiekar groepslid, Hunter Kennedy, maak sy debuut as rymkletser op hierdie liedjie!

Meer inligting oor die album

Die 11-snit album, “Dagdrome in Suburbia”, is Francois se mees opwindende werk tot op datum. Dit skop af met ‘n voorlesing deur legendariese nuusman, Riaan Cruywagen, gevolg deur nuwe treffers en samewerkings met rapper Riky Rick, Afrikaanse rock gunstelinge, Spoegwolf, The Voice SA 3 wenner, Tasché, en Fokofpolisiekar groepslid, Hunter Kennedy.

Francois Van Coke deur Andre Badenhorst
  • Save
Foto deur Andre Badenhorst

Die grootste krag van hierdie album lê in sy sawerkings. Behalwe die kunstenaars, het Francois ook saamgewerk met verskeie liedjieskrywers en vervaardigers. “Dagdrome in Suburbia” is opgeneem by verskeie ateljees en ‘n paar verskillende vermengingsingenieurs is gebruik.

Die liedjies is vervaardig deur Fred den Hartog, Theo Crous en Rudolf Willemse. Die liedjieskrywers sluit, Die Gevaar, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Riky Rick, Karen Zoid en Danie du Toit van Spoegwolf in.

My 2 sente oor “Dagdrome in Suburbia”

Ek het die album Vrydag geluister en ek moet sê dat ek dit geniet het, maar dat dit ‘n ruk gaan vat voor dit op my groei. Dis bietjie anders, maar ek het dit ook oor sy twee vorige albums te sê gehad. Dis ‘n goeie album, maar ek sal rerig dit ‘n hele paar keer moet luister om my eerlike opinie daaroor te gee. Haastige hond verbrand mos sy mond, so hang bal mensies.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to know who our friends are? Click here

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

Click here to listen to Matt Haddon's Corporate Punks Podcast

Loading...

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here