Home Entertainment Music Francois Van Coke & Vriende 2019 in Pretoria: Vet pret in Oktober

Francois Van Coke & Vriende 2019 in Pretoria: Vet pret in Oktober

89
0

AMP Events is trots om Francois van Coke & Vriende 2019 in Pretoria aan te kondig. Hierdie rock ‘n roll belewenis sal plaasvind by Sun Arena, Time Square in Pretoria op die 18de Oktober 2019.

“Francois Van Coke en Vriende 2018 in Pretoria was vir my ‘n hoogtepunt in my loopbaan. Dit was ‘n ongelooglike ervaring. Die energie was tasbaar. My vriende is fantasties. En die oorweldigende ondersteuning en die liefde was massief! Hierdie jaar maak ons weer so met die ou, en ook nuwe vriende. Die twee-ure lange show gaan gepak wees met ons bekendste songs, asook ‘n paar splinternuwe samerwerkings” vertel Francois

Francois Van Coke en Vriende 2018
  • Save

Na die massiewe sukses van die uitverkoopte Francois van Coke & Vriende in 2018, is hy terug met ‘n selfs meer opwindende program van ou en nuwe vriende.

Francois Van Coke & Vriende 2019 in Pretoria dien ook as die offisiële bekenstelling van Francois se derde solo album (Dagdrome in Suburbia).

Hierdie album sal samewerkings dra met twee van die nuwe Vriende op hierdie jaar se program: Danie du Toit (voorsanger van Spoegwolf) en rapper Riky Rick. Hierdie splinternuwe verwerkings sal vir die eerste keer opgevoer word by die konsert.

Riana Nel is ook ‘n nuwe toevoeging tot hierdie jaar se uiters dinamiese program. Sy was deel van die Kaapse rondte van hierdie konsert op 3 Mei vanjaar.

Francois Van Coke en Vriende 2019
  • Save

Die Vriende vir Francois van Coke & Vriende 2019 in Pretoria is:

Die Heuwels Fantasties, Riky Rick, Jack Parow, Early B, Fokofpolisiekar, Riana Nel, Danie du Toit (Spoegwolf), Laudo Liebenberg (aKING), Van Coke Kartel, Arno Carstens and Coenie de Villiers.

Francois en sy orkes, Die Gevaar gaan die ruggraat van die konsert wees. Hulle sal verskeie ou en nuwe liedjies van sy solo loopbaan opvoer, met Die Vriende wat by hulle op die verhoog aansluit om die liedjies wat hulle saam gemaak het, te vertoon.

Moenie hierdie konsert misloop nie! Dit gaan awesome wees! Laas jaar se konsert het my (en my girlfriend) se breine weggeblaas. As jy nog nie gewillig is om te gaan nie, kyk die na-fliek vir die Kaapse edisie van Francois Van Coke & Vriende 2019 hier onder:

Jy kan jou kaartjies vir die konsert via Computicket koop. Meer inligting oor die geleentheid is beskikbaar op die geleentheid se Facebook bladsy.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to know who our friends are? Click here

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

Click here to listen to Matt Haddon's Corporate Punks Podcast

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here