Home Entertainment Music Francois Van Coke & Vriende: Kaapstad show aangekondig vir 2019

Francois Van Coke & Vriende: Kaapstad show aangekondig vir 2019

297
0

Goeie Nuus! Kaapstad gaan Francois Van Coke & Vriende beleef in Mei 2019. Die show was ‘n moerse sukses gewees by die Sun Arena in Pretoria in 2018. 8,500 mense het die arena volgepak vir ‘n aand van onvergeetlike musiek.

Meer inligting oor Francois Van Coke

Francois Van Coke het grootgeword in die Noordelike voorstede van Kaapstad. Hy is vanaf 2003 die hoofsanger van Fokofpolisiekar en hy was die hoofsanger van Van Coke Kartel vanaf 2007 tot 2017.

Francois van Coke en Vriende - Henry Engelbrecht
  • Save
Foto Deur Henry Engelbrecht

In 2015 het Francois sy solo loopbaan geloods. Dit was ‘n moerse sukses te danke aan sy duet met Karen Zoid, “Toe Vind Ek Jou”. Die musiekvideo vir die lied het al meer as 7 miljoen views op YouTube.

Aan die begin van 2018 is daar besluit dat Francois die 15 jaar wat hy betrokke is in die rock musiek bedryf moet vier. Die resultaat was Francois Van Coke & Vriende, ‘n asemrowende 2 uur lange rock spectacular in Pretoria.

Francois het saam met lede van aKING, Die Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel, Fokofpolisiekar en Die Gevaar gejam. Hy het ook liedjies saam met Coenie De Villiers, Jack Parow, Arno Carstens, Karen Zoid, Early B en Majozi gesing. Ongelukkig het Kapenaars uitgemis op hierdie experience, maar gelukkig is hierdie show oppad Kaap toe die jaar.

Francois Van Coke & Vriende - Kaapstad
  • Save

Meer inligting oor die Kaapstad edisie van Francois Van & Vriende

Die show gaan by Grand West Arena by Grand West Casino Kaapstad gehou word op die 3de Mei 2019.

Die crux can hierdie show gaan Francois van Coke en sy band, Die Gevaar wees. Hulle gaan sy solo songs speel. Gedurende die show gaan Francois se vriende hom join op die verhoog en songs speel wat hulle saam met Francois gedoen het en ook van hulle eie songs speel saam met hom.

Die Kaapstad vriende vir die show is Jack Parow, Majozi, Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Laudo Liebenberg, Coenie de Villers, Early B, Arno Carstens, Van Coke Kartel and Riana Nel.

Karen Zoid kan dit ongelukkig maak vir hierdie show nie, maar sy is vervang met Riana Nel.

Die show begin 8 uur die aand. Kaartjies is beskikbaar via Computicket. As jy nog informasie soek, check die Facebook event uit.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to know who our friends are? Click here

Need to kill some time? Read a random article on RWR! Click here

Click here to explore all the sections on Running Wolf's Rant

Click here to read our latest reviews on Running Wolf's Rant

Click here to listen to Matt Haddon's Corporate Punks Podcast

Loading...

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here